• Somersetstraat  Graaff-Reinet 6280
  • Tel: 049 891 0803

Nuusberigte / Spogblad

Onlangse nuusberigte - vir meer berigte klik op die skakels onder Nuusberigte - Kwartaal.

  • Rugby      
     

    Op 1 en 2 Junie het Johandre Groenewald, Juan Bezuidenhoudt, JJ Theron en Ceano Fourie aan die finale proewe in Bloemfontein (Cheetha toernooi) deelgeneem. Baie geluk aan die volgende 2 leerder wat in die Cravenweekspanne opgeneem is:
    JJ Theron (o.13A)
    Ceano Fourie (o.13B)

  • Kultuur      
     

    Ons wens Arno Nell geluk! Hy het erekleure verwerf vir kultuur.

    Arno was genooi om deel te neem aan die Despatch Kunstefees prestige-aand op Dinsdag 22 Mei 2018. Hy is ook aangewys as die algehele wenner in die voordrag afdeling tydens hierdie geleentheid.

  • Despatch Visuele Kuns      
     

    Die volgende leerlinge het aan die Despatch kunsfees deelgeneem in die visuele kuns afdeling.
    Dankie vir die pragtige kunswerkies en doen so voort!

    Logan Marais, Deidre Alberts, Luandre Rademan, Keerin De Pearce, Reanco Deyzel, Joané Stroebel,
    Conrad Kleyn, Lloyd Odendal, Marizel Marais, Cara van der Merwe, Helgard van Wyk, Ghylen
    Frasenburg, Riley Knoesen, Monique Nell, Hestri Pearson.
    Gert Theron, Anzel Kleynhans, Leoné Lategan, Zann-Mari van Antwerpen, Ilze Vorster, Joshua
    Kritzinger, Karli van Rooyen.
    Jamie- Lee Gerber, Jean Pierre Theron, Micayla Williamson, Nina Loots, Janine Coetzer, Rikus Kleyn.
    Lisa Steynberg, Freddie van der Mescht, Marisa Erasmus, Dalene Barnard, Juan Stannard, Chadlin
    Minnies, Luca Visser.
    Lynette Truter, Bianca Naude, Carli Kritzinger, Elisma Smit, Sue-Mari Burger, Carien de Wet, Zoë
    Hattingh, Jana Neetling, Cara Jansen.

  • Tennis      
     

    Op Maandag, 28 Mei 2018, het die eerste 8 seuns en dogters teen Karel Theron tennis gespeel by Laer Volkskool. Aan die begin was die wind eers erg onplesierig vir al die spelers. Bietjie later het die wind gaan lê en was dit 'n heerlike tennismiddag. Die uislae is soos volg:
    Dogters
    Wen enkels 6 - 2
    Wen dubbels 3 - 1
    Wen in totaal 9 - 3

    Seuns
    Wen enkels 5 - 3
    Speel dubbels gelykop 2 - 2
    Wen in totaal 7 - 5

  • Tennis      
     

    Ruan van der Merwe is vir die OP tennisspan gekies wat 18 Julie 2018 in George teen WP, Noord-Kaap en SWD gaan speel. Voorwaar 'n prestasie om op trots te wees. Baie geluk Ruan en sterkte!

  • Motorfiets      
     

    Adriaan van Jaarsveld het die naweek deelgeneem aan rondte 3 van die Rover Motorcycle Club se Motorcross reeks in PE.
    Hy het kompiteer in 2 klasse, die 50cc Support klas vir beginners en die 50cc Pro vir ervare motorfiets ryers.
    Adriaan het baie goed gedoen in albei klasse en het 'n 1ste plek behaal in die Support klas en 'n 2de plek in die Pro klas. Hy sien baie uit na die 4de rondte wat op 2 Junie 2018 sal plaasvind.
    Sterkte Adraan! 

  • Landsdiens      
     

    By die vorige Hoofbestuursvergadering, is die Goue Protea toegeken aan Mev. Marilize Botha.  Dit is die hoogste toekenning vir 'n volwassene in Landsdiens. Die ontvanger moet aan streng kriteria voldoen soos: minimum 25 jaar lid van die Landsdiens (na-skool), dien op die Streeksbestuur, betrokke wees by die reël van klubkampe, Provinsiale en Nasionale kampe. 

    Baie geluk Juffrou Marilize Botha vir hierdie uitmuntende prestasie!

  • Hokkie teen Gill      
     

    Al die hokkiedogters het Maandag 14 Mei 2018 teen Gill wedstryde gespeel en die tellings was as volg:
    o.7A wen 5 - 0
    o.7 en o.8 gemengde span verloor 0 - 6
    o.8 wen 9 - 2
    o.9 wen 7 - 0
    o.10 verloor 3 - 5
    o.13 B wen 1 - 0
    o.13 A wen 2 - 01

  • Tennis      
     

    Die tweede seunsspan van Laer Volkskool het op Maandag 14 Mei 2018 teen Union tenniswedstryd gespeel. Die leerlinge het slegs dubbels gespeel. Die wedstryde is in 'n baie goeie gees gespeel en beide spanne het hul eerste wedstryd van die jaar baie geniet. Laer Volkskool wen hierdie kragmeting 8 - 1.

  • Despatch Kunsfees      
     

    Die volgende leerders het aan die Despatch kunsfees deelgeneem op 7 Mei 2018 by Laerskool Sonop.

    Graad 1
    Marlie van der Westhuizen: A: Voordrag
    Adeline Engelbrecht: A: Voordrag
    Lenay Goltz: A: Voordrag

    Graad 2
    Monique Nell A+: Voordrag
    Arno Slabbert: B: Voordrag
    Conrad Kleyn: B+: Voordrag

    Graad 3
    Nahzirea Hoogbaard B+ : Voordrag
    Carlien Oosthuizen B+: Voordrag
    Algeron Basterman B+: Voordrag

    Graad 4
    Mikha Enslin A: Voordrag
    Kian Keyser A: Voordrag
    Ilzé Vorster B: Voordrag

    Graad 5
    Nicolene Bezuidenhout A+: Voordrag
    Linda Goosen B: Voordrag
    Nina Loots B+ : Voordrag
    Saré Viljoen A: Voordrag
    Rikus Kleyn A: Voordrag

    Graad 6
    Freddie van der Mescht A+: Gedramamtiseerde poësie
    Xander Keyser A+: Gedramatiseerde poësie
    Graad 7:
    Arno Nell A++: Gedramamtiseerde poësie
    Zenke Enslin A: Gedramamtiseerde poësie
    Remé Vorster A: Gedramamtiseerde poësie.

     
     

  • Rugby      
     

    Baie geluk aan Johandre Groenewald, Juan Bezuidenhoudt, JJ Theron en Ceano Fourie wat in die Sarah Baartman OP o.13 span opgeneem is. Trots op julle!

     
     

  • Hokkie      
     

    Op 26 April 2018 het Carien de Wet, Zanri Groenewald en Elaine van Rensburg aan die OP hokkie proewe in PE gaan deelneem. Al drie leerders was deur na die volgende rondte wat op 1 Mei 2018 plaasgevind het.

    Baie geluk aan die volgende twee leerders wat opgeneem is in die OP-spanne:

    Carien de Wet is in die OP A-span opgeneem en neem vanaf 30 Junie 2018 tot 4 Julie 2018 deel aan die nasionale toernooi in Pietermaritzburg.

    Zanri Groenewald is in die OP C-span opgeneem en neem vanaf 4 tot 8 Julie 2018 deel aan die streekstoernooi in George.

    Ons beste wense vergesel hulle!
    Laer Volkskool is trots op julle!

     

     

     
     

  • Landsdiens      
     

    Laer Volkskool se Landsdieners het bietjie kreatief geraak met draad en krale. Almal moes ‘n teelepel bring en Tannie Liezel en Ischke het die aktiwiteit met hulle gedoen en vir hulle mooi verduidelik wat om te doen en hoe om te maak.
    Na ‘n uur kon hulle almal ‘n pragtig-versierde teelepel huis toe neem om vir Mamma te gee om te gebruik as ‘n suikerlepel – sommer ‘n vroeë Moedersdag-geskenk!

     
     

  • Netbalkliniek      
     

    Die leerlinge en afrigters van Laer Volkskool het die naweek aan die SPAR Madibaz Netbalafrigtingskliniek deelgeneem wat onder leiding van Lana Krige aangebied is. Saam met Lana was ook “elite” spelers van NMU wat gehelp het met die kliniek.

    Baie is geleer en die speelsters het dit geniet. ‘n Groot dank aan Spar wat die naweek geborg het.

     

     
     

  • Krieket      
     

    Vrydagaand, 9 Maart, het die o.13 Krieketspelers teen Laerskool Albertyn gespeel en met 16 lopies gewen. Gideon Bekker en AJ de Jager het baie goeie veldwerk gedoen.

    Saterdagoggend, 10 Maart, het Laer Volkskool weer teen Laerskool Albertyn gespeel en met 7 paaltjies gewen. Juan Bezuidenhoudt het 9 paatjies vir 15 lopies geneem en teken ook 26 lopies aan.
    Baie geluk aan al hierdie seuns!
     

  • Landsdiens      
     

    Vanaf 2 – 4 Maart 2018 het 37 van Laer Volkskool se Landsdieners ‘n klubkamp by Hobbiton-on-Hogsback bygewoon.

    Ten spyte van die reën, kon hulle feitlik al die aktiwiteite voltooi. Hulle het na die Madonna en Child-waterval gestap, ‘n “zip-wire” van 100m gery, ‘n “toubaan” aangepak, wat beslis ‘n uitdaging aan hulle gebied het, en nog vele ander aktiwiteite.

    Dit was beslis ‘n hoogtepunt op elke Landsdiener se kalender.
     

  • Swem - Karoogala      
     

    Op Maandag, 26 Februarie het Laer Volkskool se swemmers aan die Karoo-gala deelgeneem en uitstekend presteer. Laer Volkskool tree as die wenner uit teen o.a. Gill College, Union High School, Laerskool Cradock. Baie geluk aan al die swemmers wat Laer Volkskool se naam hoog hou in die swembad.

    Uit die swemmers wat deelgeneem het, is ‘n Karoo-span gekies wat Karoo in die Interdistrikte-gala op 12 Maart gaan verteenwoordig. Sterkte aan hierdie swemmers.d van 11,85m.

     

     

  • "Xtreme for kids" Fietsrytoer      
     

    Op 5 Maart 2018 het 'n groep fietsryers, wat deel is van die Xtreme for kids toer, Laer Volkskool kom besoek. Hulle ry met hulle fietse deur SA, vanaf Johannesburg tot in Kaapstad, en deel belangrike kinderbeskermings boodskappe.

     
    Smiley het ons baie interessante goed geleer. Sy het ons geleer dat jy die baas is van jou eie liggaam, hoe die foppers ons fop, wat ons moet doen as ons agterkom iets is nie pluis nie (stop, hardloop weg, vertel vir iemand) en ons het ook die Awe rympie aangeleer.

       

     

     

     

  • Atletiek prestasie      
     

    Op 28 Februarie 2018 is Danita du Plessis, 'n leerling van Laer Volkskool, deur die onderwys departement vereer vir haar atletiek prestasie gedurende 2017.

    Sy het die seisoen afgeskop met 'n rekord tydens die skool se Kleurebyeenkoms. Sy verbeter die bestaande rekord (8,88m) met die prag afstand van 11,65m. Sy vorder tot by die Oos-Kaap Kampioenskappe waar sy kwalifiseer om die Oos-Kaapspan by die Suid Afrikaanse Kampioenskappe te verteenwoordig. Sy presteer besonder goed by die SA Kampioenskappe deur die gewigstoot vir dogters o.12 te wen met 'n afstand van 11,85m.

    Sy ontvang 'n trofee asook 'n sertifikaat as erkenning.
    Baie geluk Danita. Ons is BAIE trots op jou!

    Foto van links: Mnr. Godlo Distriksbestuurder van Chris Hani Wes Distrik, Danita du Plessis, Mnr. Ray Tywakadi (DDG)

  • Interskole Swemgala      
     

    Op Dinsdag, 21 Februarie het die jaarlikse Interskole Swemgala tussen Volkskool en Union, plaasgevind. Laer Volkskool tree as die wenners uit die stryd tussen die Laerskole.
    Die volgende prestasies word behaal en in sommige slae is die ou rekord deur meer as een Volksie verbeter

    Rekords: Laer Volkskool

    Gr 1 -4 Individuele Wisselslag
    LVS A span: Harry Bruwer, Hannes van der Merwe, Aidan Thiart en Kian Keyser 1:37,15
    LVS B span: Francois Naude, DeWet Stroebel, Louis de Wet en Ruben vd Ahee 1:43,41

    25m Dogters o/8 Rugslag: Cara van der Merwe 25,49

    25m Seuns o/8 rugslag: Frederick de klerk 24,90
    Johan Viljoen 27,75

    25m Dogters o/8 Borsslag: Mia Botha 35,24

    25m Seuns o/10 Borsslag: Kian Keyser 26,55
    Hannes van der Merwe 27,02
    DeWet Stroebel 28,67

    Die Finale punte-totaal LVS 497 en Union 337

    Die Victor Ludorum: Hannes van der Merwe
    Die Victrix Ludorum: Carien de Wet

  • Atletiek      
     

    Op Vrydag, 16 Februarie 2018, het 11 van ons atlete aan die Sarah Baartman Atletiek-byeenkoms deelgeneem. Ons atlete het baie goed gevaar. Baie geluk aan die volgende atlete wat deur is na die Provinsiale byeenkoms wat vanaf 1-3 Maart in Cradock gaan deelneem.

    Hannes vd Merwe – 70m hekkies, Hoogspring
    Janru Groenewald – Gewigstoot
    Aiden Thiart – Gewigstoot
    Anishke Luiters – 75m hekkies
    Danita du Plessis – Gewigstoot
    JJ Theron - Gewigstoot

     

        

  • Tennis      
     

    Die volgende leerders is vir die OP Plattelande tennisspanne gekies:

    o.10
    Louwen Wolfaardt (nr. 1)
    Ruan van der Merwe (nr. 2)
    Francois Naude (nr. 4)
    Petrus Wolfaardt (reserwe)

     

     


    o.12
    SP Theron (nr. 1)
    AJ de Jager (nr. 6)
    Zanri Groenewald (nr. 1)
    Jani van der Merwe (reserwe)

     
    o14
    Juan Bezuidenhout (nr. 4)
    Carien de Wet
    Danita du Plessis (reserwe)

    Baie geluk aan al hierdie leerders!

     

     

     

     

        

  • Krieket      
     

    Op Dinsdag, 6 Februarie 2018 het Laer Volkskool teen Cradock kragte gemeet.


    Die uitslae is as volg:
    o.9B verloor met 5 lopies
    o.9A verloor met 18 lopies
    o.11A verloor met 69 lopies
    o.13A verloor met 39 lopies

     

        

  • Interskole Atletiek      
     

    Laer Volkskool en Union het op Woensdag 7 Februarie 2018 Interskole Atletiek gehad. Laer Volkskool wen die dag met 482 punte teenoor 389.

    Nuwe rekords wat aangeteken is:
    Veld Items:
    JJ Theron o.13 Seuns: Verspring – 4,57m; Gewigstoot – 10,27m
    Danita du Plessis o.13 Dogters: Gewigstoot – 11,98m
    Baan Items:
    Deidré Alberts o.8 Dogters: 80m – 13,24
    Alecia Louw o.9 Dogters: 80m – 12,46
    Diniso Matayi o.9 Seuns: 80m – 12,15
    Hannes vd Merwe o.10 Seuns: 80m – 11,78
    Curwin Niemand o.11 Seuns: 80m – 11,46
    Ceano Fourie o.13 Seuns: 100m – 13,59ndrew Kinghorn Gedenk item:
    Beker wenner: Mark Blom    

  • Kleuregala      
     

    Kleuregala 30 Januarie 2018.  Die uitslae is as volg:
    Rekords:
    25m Rugslag D o.8 Rekord 0:28,83 Cara vd Merwe
    25m Rugslag D o.13 Rekord 0:21,09 Carien de Wet
    25m Rugslag S o.14 Rekord 0:24,43 Hennie Barnard
    50m Rugslag D o.11 Rekord 0:53,93 Lua Bouwer
    25m Borsslag S o.12 Rekord 0:23,50 Hugo Botha
    50m Borsslag S o.10 Rekord 1:00,93 Kian Keyser
    25m Kruipslag S o.12 Rekord 0:15,82 Mark Blom
    25m Kruipslag S o.13 Rekord 0:15,16 Victor Dercksen
    25m Kruipslag S o.14 Rekord 0:19,22 Hennie Barnard
    50m Kruipslag S o.10 Rekord 0:43,16 Aiden Thiart


    Andrew Kinghorn Gedenk item:
    Beker wenner: Mark Blom

    Foto regs:
    Victor Ludorum: Stephan Kirsten
    Victrix Ludorum:Carien de Wet

    Die puntetelling is as volg:
    Rupert - 584 en Reinet - 484
    trots op jou!    

  • Motorfiets      
     

    Adriaan van Jaarsveld het Saterdag aan die 1ste rondte van die Rover Motorfiets Klub in PE se "Motorcross" reeks vir 2018 deelgeneem. Dit was sy eerste resies en hy het deelgeneem in die 50cc Beginner Klas waar hy 2de geeindig het.

    Rover bied later hierdie maand die 1ste rondte van die Nationale Reeks aan en die afgelope naweek het ook gedien as 'n uitnodiging rondte vir die wat in die Nationale reeks kompeteer.

    Baie geluk Adriaan!


     

     

      

         

  • Tweekamp      
     

    Baie geluk aan Mia Botha (o.8) wat die OP A-span gaan verteenwoordig tydens 'n Interprovinsiale kompetisie in Oudthoorn op 3 Februarie 2018.

    Sy verwerf ook haar Half-Erekleure vir Tweekamp. Baie geluk Mia! Ons is trots op jou!

      

     

      

     

     

      

  • Betroubaarheid      
     

    Pilare van karakterbou is weer in volle gang vir 2018. Ons het vandag weggespring met Betroubaarheid. Kaptein Marais, Sersant Booysen en Konstabel Jakobs van die SAPD Graaff-Reinet het saam met Jady en Bridgette van die SAPD Honde eenheid vir die kinders die belangrikheid van gehoorsaamheid wat lei tot betroubaarheid kom demonstreer.
    Daarom is daar ook sleutelhouers in die vorm van 'n beentjie verkoop. Daar is 6 verskillende sleutelhouers vir elke pilaar.

     

     

      

  • Graad 1 Piekniek       
     

    Die prefekte van 2018 het 'n pieniek vir die graad 1's gehou. Hulle het baie speletjies gespeel en heerlike roomyse en ysies geeet om die piekniek af te sluit.