• Somersetstraat  Graaff-Reinet 6280
  • Tel: 049 891 0803

Nuusberigte / Spogblad

Onlangse nuusberigte - vir meer berigte klik op die skakels onder Nuusberigte - Kwartaal.

  • WOW Spelfees      
     

    Baie geluk aan die volgende leerlinge wat vandag deur is na die volgende rondte van die spelfees. Hulle gaan 20 Oktober 2018 aan die Nasionale Kompetisie in Stellenbosch deelneem.

    Graad 3
    Wian Lotter (4de plek)

    Graad 4
    Zenobia Homveld (3de plek)

    Graad 6
    Bianca Fitzgerald (4de plek)

  • Landsdiens      
     

    Laer Volkskool se landsdieners het gister, 29 Augustus 2018, bietjie by die DBV gaan kuier en 'n gaan uitvind oor hulle werksaamhede. Hulle het ook vir die diere blikkieskos en ander kos saamgeneem. Daarna het hulle die terrein rondom die DBV opgeruim en skoongemaak.

  • Tennis      
     

    Die 1ste seuns en dogterstennisspanne het die 23ste, 24ste en 25ste Augustus 2018 aan die Cradock SPAR Toernooi in Cradock gaan deelneem. Alhoewel beide spanne nie 'n plek behaal het nie, het hulle goeie tennis gespeel.

  • Hokkie      
     

    Die o.8 hokkiedogters het die naweek, 25 Augusuts 2018, aan 'n toernooi in Burgersdorp deelgeneem. Die dogters het baie goed gevaar en eerste in die toernooi geeindig. Mia Botha is ook aangewys as voorspeler van die dag. Baie geluk aan al hierdie dogters. Ons is trots op julle!

  • Karakter toekennings      
     

    Dit is 'n nuwe kwartaal en dit is met groot vreugde wat ons al die eerste karakter toekennings vir die 3e kwartaal aan die volgende leerlinge kon toeken.

    Dominique Coetzer, Johan Jansen, Casper Bekker, Sue-Mari Burger, Madelyn Coetzer, Lia Erasmus, Cara Jansen, Nozi Mvana, Lynette Truter.

    Hierdie leerders het deur hulle aksies en gedrag in die klaskamer en teenoor hul maats gewys hoe lyk sterk karakter. Hulle het ook die waardes van die pilare van karakter uitgeleef, naamlik:

    1. Verantwoordelikheid
    2. Betroubaarheid.
    3. Regverdigheid
    4. Respek
    5. Omgee
    6. Burgerskap

    Ons gee graag spesiale erkenning aan Elzahn Dinjana wat alreeds 10 karakter toekennings verwerf het en daarom ons nuwe karakter knopie trots kan dra.

    Hou so aan!

     

     

     


  • Landsdiens      
     

    Die afgelope vakansie het 6 Landsdieners die Provinsiale Kamp by Kareewdouw bygewoon. Tydens die kamp is Juan Bezuidenhoudt genomineer om Laer Volkskool en Oos-Kaap te verteenwoordig by die Nasionale Kamp van 8 - 12 Desember 2018 by Oudtshoorn. Baie geluk Juan

  • Tennis      
     

    Zanri Groenewald, Francois Naude, SP Theron, Louwen Wolfaardt en Ruan van der Merwe het OP gaan verteenwoordig op 12 Julie 2018 in Grahamstad. Hulle het teen WP A en B gaan speel. Elke speler het 2 enkel- en 2 dubbelwedstryde gespeel. Ons is baie trots op elkeen van julle.

  • Boogskiet      
     

    Freddie van der Mescht het die 21 Julie 2018 aan die Daniel Pienaar Interskole boogskietkompetisie deelgeneem. Hy het die volgende tellings behaal.
    Laerskool 3D afdeling 250/300
    Bull's Eye 230/300