• Somersetstraat  Graaff-Reinet 6280
  • Tel: 049 891 0803

Gedragskode

Soos opgestel deur: Laer Volkskool Beheerliggaam in oorleg met die leerders, bestuurspan, opvoeders en ouers volgens:

1. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet no. 108 van 1996)
2. Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet no. 84 van 1996)
3. Provinsiale regulasies aangaande skorsing en dissiplinêre gedragskodes.

INLEIDING
Volgens die skool se gedragskode dien die volgende beginsels, filosofie en etos soos vervat in die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 as riglyne.

Die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 bepaal in Artikel 8(1) die volgende:

Behoudens enige toepaslike provinsiale wet moet ‘n beheerliggaam van ‘n openbare skool ‘n gedragskode vir leerders aanvaar na oorleg met die leerders, ouers en opvoeders van die skool.

 

‘n Gedragskode soos in subartikel (1) bedoel, moet daarop gemik wees om ‘n gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing, wat toegewy is aan die bevordering en instandhouding van die gehalte van die leerproses, te vestig.

 

Die minister kan, na oorlegpleging met die Raad van Onderwysministers, riglyne bepaal vir oorweging deur beheerliggame in die aanvaarding van ‘n gedragskode vir leerders.

Geen bepaling van hierdie wet stel ‘n leerder vry van die verpligting om die gedragskode van die skool, wat deur sodanige leerder bygewoon word, na te kom nie.

 

‘n Gedragskode moet bepalings van ‘n behoorlike regsproses bevat om die belange van die leerder en enige party wat by dissiplinêre handeling betrokke is, te beskerm.

 

Die reg van leerders tot basiese onderrig plaas die verantwoordelikheid op die leerder om gereeld skool by te woon gedurende skoolure. Indien ‘n leerder afwesig is/gaan wees moet die leerder se ouer/voog die skool in kennis stel van die rede daarvoor.

Die finale verantwoordelikheid van ‘n leerder se optrede berus by sy ouers/voog.

 

Geen persoon mag by ‘n skool lyfstraf aan ‘n leerder toedien nie.

 

Die negering van die skool se dissiplinêre gedragskode kan lei tot die permanente uitsluitng van die leerder.

 

Die Beheerliggaam, skoolhoof en opvoeders moet elke oortreding op meriete hanteer, sonder die benadeling van die leerder se regte.

REËLS VIR DETENSIE

Die detensieklasse is as volg: Vrydae: 13:45 tot 15:45


Elke leerder moet die detensiekennisgewing persoonlik onderteken en ook deur sy/haar ouers/voog laat teken. Dit moet dan aan die skool terugbesorg word.


Geen voedsel of drinkgoed sal in die lokaal toegelaat word nie.


Geen pratery of hulpverlening sal in die lokaal toegelaat word nie.


Normale reëls vir skooldrag en gedrag, sal geld.


Leerders moet vir die volle duur van die klas konstruktief besig wees.


Oortredings in/afwesigheid van ‘n detensieklas impliseer dat ‘n leerder nie die gesag van die skool aanvaar nie en sal daar dienooreenkomstig teen hom/haar opgetree word.


Die bywoning van die detensieklas is te alle tye die prioriteit en verantwoordelikheid van die oortreder en sy/haar ouers/voog.