Kultuur
Drama
Ons het 'n gesonde en bedrywige drama
department wat vir die deelnemers leer om die verhoog ten volle te benut
en met selfvertroue op tree - 'n lewensvaardighede wat goed te pas kom
in die wereld daar buite.
Landsdiens
Landsdiens is 'n geleentheid vir ons kinders
om nader aan die natuur te kom en te leer wat dit behels om 'n goeie
landsburger te wees. Hedendaagse kwessies soos die bewaring van die
natuur en ons hulpbronne word vasgele en prakties uitgeleef.
Musiek
Musiek is die voedsel van die siel en by
Volksies ontwikkel ons graag die kinders se sang talent. Met 'n
voortreflike kinderkoor sowel as individuele sang en clavier afrigting
word ons musikante goed versorg.
Redenaars
Die vermoe om te redeneer en 'n saak goed en
deursigtig te stel is 'n lewenskuns wat ontwikkel word deur gereelde
oefening. By Volksies leer ons hoe om te dink oor 'n saak, dit te
omskryf en om met passie daaroor te debatteer.
Koor
Ons skoolkoor is ons trots en kry heelwat
blootstelling deur hul deelname by ander skole en kerke. Hul optrede by
die Kerssangdiens van die Moederkerk is altyd 'n hoogtepunt.
CSV
Deelname aan die CSV, kinder en tienerkrans
is vrywillig en word in groot getalle bygewoon. By Volksies is dit
defnitief “cool” om jou Jesus-hempie te dra en ons doen so met trots.
Skaak