• Somersetstraat  Graaff-Reinet 6280
  • Tel: 049 891 0803

Nuusberigte / Spogblad - Kwartaal 1

Onlangse nuusberigte - vir meer berigte klik op die skakels onder Nuusberigte - Kwartaal.

  • Netbalkliniek      
     

    Laer Volkskool het die naweek van 13 en 14 Maart ‘n Netbalkliniek aangebied vir die o.7 tot o.13 Netbaldogters. Die o.14 dogters van Hoër Volkskool het ook deelgeneem.
    Die kursus is aangebied deur Reg Sharp, Jenny Sharp en Zea-Dine Januarie.
    Reg Sharp het alreeds in sy loopbaan 150+ nasionale kursusse en werkswinkels aangebied vir meer as 2500 afrigters en 6000 spelers.
    Jenny Sharp het as OP-speler, bestuurder en afrigter van verskillende klubs en skole opgetree en is steeds betrokke by afrigting van hoërskoolspanne en selfs voorskoolse groepe.
    Zea-dine Januarie het SA Skole netbal gespeel, Oos-Kaap Aloes Provinsiale span en was deel van die Suid-Afrikaanse onder 23 groep.
    Tegnieke en vaardighede is oor die 2 dae ingeoefen en die afrigters en spelers het baie geleer.
    ‘n Groot dank en waardering word uitgespreek teenoor die volgende borge wat dit moontlik gemaak het vir die spelers van Laer Volkskool om hierdie netbalkliniek te kon bywoon:
    Drostdy Hotel
    Spar
    Melamine Corner
    Graaff-Reinet Hardware
    N1 Construction
    Healthy Skin (Carlin Loots)
    Drostdy Toyota
    Siemens Garage
    Compu Serve

  • Inter Distrik Swemgala      
     

    Op Donderdag 5 Maart 2020 het 13 van Laer Volkskool se swemmer deel geneem aan die jaarlikse Inter Distikte Gala te Grahamstad tussen die Amatola, Amalinda en Karoo distrikte. Laer Volkskool se swemmer het goed gevaar en 6 van ons swemmers kon daarin slag om 9 medaljes los te swem. Uitslae van medalje-wenners as volg
    Zenicke van Shalkwyk
    Dogters o.9 Rugslag 1ste Goud
    Dogters o.9 Kuipslag 2de Silwer
    Adriaan van Jaarsveld
    Seuns o.9 Kuipslag 3de Brons
    Elne Viljoen
    Dogters o.11 Rugslag 3de Brons
    Carlien Oosthuizen
    Dogters o.11 Kruipslag 2de Silwer
    Francois Naude
    Seuns o.11 Rugslag 3de Brons
    Seuns o.11 Vlinderslag 2de Silwer
    Aidan Thiart
    Seuns o.12 Borsslag 2de Silwer
    Seuns o.12 Vlinderslag 3de Brons

    FOTO:
    VOOR: Adrian van Jaarsveld, Zenicke van Schalkwyk
    AGTER: Francois Naude, Elne Viljoen, Carlien Oosthuizen
    AFWESIG: Aidan Thiart


  • Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms      
     

    Die volgende leerlinge het deelgeneem aan die Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth op 21 Februarie 2020. Die leerlinge het baie goeie prestasies behaal. Baie geluk!
    Deidré Alberts Dogters o.10 -100m finaal 1ste, 80m finaal 1ste, Verspring 1ste
    Marizel Marais Dogters o.10 - 70m hekkies finaal 1ste, Verspring 2de
    Alecia Louw Dogters o.11 - 100m finaal 3de, 70m hekkies finaal 1ste, 80m finaal 3de
    Youven Kiewiets Seuns o11 - 80m hekkies 4de
    Elromeo van Heerden Seuns o.13- Gewigstoot 1ste
    Vincent Pienaar Seuns o.11 1200m

    Die volgende atlete is opgeneem in die Sarah Baartman Atletiekspan en sal op 13 en 14 Maart 2020 in Cradock aan die Oos-Kaap Atletiek byeenkoms deelneem. Ons wens hulle sterkte toe.
    (Foto)
    VOOR:
    Vincent Pienaar (Seuns o.11 1200m), Deidré Alberts (Dogters o.10 80m ; 100m en verspring)
    Marizel Marais (Dogters o.10 70m hekkies; verspring)
    AGTER
    Elromeo van Heerden (Seuns o.13 Gewigstoot), Alecia Louw (Dogters o.11 70m hekkies; 80m; 100m)


  • Karoo Interskole Swemgala      
     

    Laer Volkskool het gister, 25 Februarie 2020, aan die Karoo Interskole Swemgala deelgeneem. Dit was 'n goeie dag in die water vir Volkskool. Laer Volksool wen die gala met 6 punte. Aidan Thiart het die Victor Ludorum verower en deel die beker met Matthew Paxton van Union. Baie geluk aan al die swemmers wat aan die gala deelgeneem het. Ons is trots op julle!


  • Landsdiens      
     

    Laer Volkskool se Landsdieners het die afgelope naweek by Hartenbos gekamp. Almal moes hulle eie tente opslaan en dit was al klaar 'n eerste vir 'n hele paar kinders. Ons het o. a besoek gebring aan Blasters, die Shark Lab in Mosselbaai besoek, die staproete by die punt gedoen tot waar die nuwe Zipline begin en toe het ons Saterdagmiddag op Santosstrand deurgebring met speletjies en sommer lekker in die see te baljaar. Sondag is die kamp afgesluit met n heerlike besoek aan Diaz Waterworld en daarna het ons die lang pad huis toe gevat. Party kampers se moeg was ook moeg!!


  • Perdry      
     

    Marli Fourie en Tiaan Fourie van Laer Volkskool het die naweek , 13 Februarie 2020, aan die Hopetown Noord-Kaap Streekskou deelgeneem.
    Marli kan net deelneem in haar o.10 ouderdomsgroep. Sy behaal 'n 2de plek in die stap-draf kinderryperd en ruiter 10 jaar en onder.
    Tiaan Fourie neem in 3 verskillende afdelings deel. Sy uitslae is soos volg:
    2de in die drie-gang park ruiters 18 jr en onder.
    3de in die vyf-gang plesierperd ruiters 18 jaar en onder.
    2de in die vyf-gang kinderryperd ruiters 14 jaar en onder.
    1ste in die vyf-gang kinderruiter 14 jaar en onder.
    2de groot kampioen vyf-gang plesierperd.


  • Kleure-Atletiek      
     

    Baie geluk aan die Rubert-span wat die kleure-atletiek gewen het.
    Johan Viljoen is tydens die byeenkoms aangewys as Victor Ludorum en Marizel Marais as Victrix Ludorum. Baie geluk aan hierdie twee atlete.
    Pragtige rekords is ook deur die volgende atlete tydens die byeenkoms behaal.
    Alecia Louw Do.11 Hekkies 70m (14:32)
    Alecia Louw Do.11 80m (11:84)
    Lee-Jon Blignaut So.9 60m (09:58)


  • Swem Kleurgala      
     

    Op Dinsdagmiddag, 4 Februarie 2020, was dit ‘n groot geplas en geproes en geskop toe Laer Volkskool hulle jaarlikse Kleurgala aangebied het. Die swemmers was almal goed gemotiveerd om hulle bes vir hulle span te doen.
    Die volgende uitstaande prestasies is behaal:
    Victor Ludorum: Aidan Thiart
    Victrix Ludorum: Carlien Oosthuizen
    Andrew Kinghornbeker: Aidan Thiart
    Die volgende swemmers het almal rekords verbeter: Lua Bouwer, RJ de Vos, Klara van Jaarsveld, Carlien Oosthuizen, Aidan Thiart en Frederick de Klerk.
    Baie dankie aan al die swemmers vir hulle ure se oefening en toewyding om sulke pragtige prestasies te behaal!


  • Skolierpatrollie      
     

    Hierdie graad 6 leerlinge het die jaar die groot taak om ons leerlinge veilig oor die pad te kry. Hulle het vandag, 23 Januarie 2020, tydens saalbyeenkoms hulle balkies ontvang. Baie geluk aan al hierdie leerlinge en sterkte vir elkeen met hierdie belangrike taak.

    VOOR: Marli Nel, Tiana Theron, Anje Deysel, Jennefar Pieterse,
    2de ry: Lare Vosloo, Bianca Swart, Mienke Janse van Rensburg, Alice de Toit, Ilze Vosloo
    3de ry: Jozelle Calitz, Mikha Enslin, Zenobia Homveld, Alet van Wyk
    4de ry: Linda Goosen, Jevandrew Safers, Hyren Klaasen
    5de ry: Kian Keyser, Johan Jansen, Janru Groenewald, Max-Zane Janse van Vuuren
    AGTER: Stefano Naude, Ruben van der Ahee, Wentzel van der Merwe.


  • SASKO Plastieksakkieprojek      
     

    Ons het verlede jaar aan SASKO se Plastieksakkieprojek deelgeneem waar leerlinge leë SASKO broodsakkies ingesamel het. Vandag, 23 Januarie 2020, het mnr. Corne Campher leesboeke aan die skool geskenk omdat ons deel was van hierdie projek. Dit het ook deel gevorm van ons skool se poging om te herwin.