• Somersetstraat  Graaff-Reinet 6280
  • Tel: 049 891 0803

Nuusberigte / Spogblad

Onlangse nuusberigte - vir meer berigte klik op die skakels onder Nuusberigte - Kwartaal.

  • KAROO KERMIS       
     
     

     

     

  • WOW Spelfees      
     

    Hierdie leerlinge het Saterdag, 24 Augustus 2019, aan die Provinsiale Kompetisie in PE deelgeneem. Zenobia Homveld en Wian Lotter is deur na die Nasionale Kompetisie wat 19 Oktober 2019 plaasvind. Baie geluk aan al die leerlinge.


  • Boogskiet      
     

    Baie geluk aan Freddie van der Mescht, Adriaan Blignaut en Casper Bekker wat ingesluit is in die Oos-Kaap NASP Laerskool Boogskietspan vir 2019. Ons is baie trots op julle drie!


  • SKAAK      
     

    Mark Blom en Juan Stannard asook Layton Meshilinie en JP Theron (reserwes) is gekies om die Chris Hani Skaakspan te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Junior Skaak Kampioenskappe wat gehou word op 4 tot 6 Januarie 2020. Die seleksie vir die span is gedoen op grond van die spelers se vertoning in die geslote toernooi wat gehou was op 17 Augustus 2019.

    Dit is voorwaar 'n groot eer vir die leerlinge om hul streek te verteenwoordig op nasionale vlak.

    Baie geluk aan al vier leerlinge. Dit is 'n groot prestasie en ons wens julle net die beste toe!


  • REVUE 2019       
     
     

     

     

  • Landsdiens      
     

    Die afgelope vakansie het 9 van ons Landsdieners die voorreg gehad om die Provinsiale Kamp by Lekkeroord, buite Oos-Londen by te woon. ‘n Groot verskeidenheid aktiwiteite is by die kampterrein gedoen, en hulle het besoek gebring aan o.a. Millenium Sales, Extreme Adventures.

    Tydens die kamp is 3 van Laer Volkskool se Landsdieners: Pieter van der Merwe, Anishka Luiters en Jani van der Merwe, gekies om die Oos-Kaap te verteenwoordig by die Nasionale Kamp, wat in Desember vanaf 5 – 9 Desember 2019, by Sediba Kwele Avontuurkamp gehou word.


  • Tennis      
     

    Wat 'n besonderse gebeurtenis in die geskiedenis van Volkskool!

    Ma en dogter gee vir dieselfde generasie tennis.
    Tinkie Wolfaardt (Naudé), Kosie Wolfaardt en Hendrik Wolfaardt het 'n hele paar jaar gelede ook vir Volkskool tennis gespeel en is deur Miss Muller afgerig. Hulle kinders, Francois Naudé, Petrus Wolfaardt en Louwen Wolfaardt speel tans by Mev. van Wyk (Miss Muller se dogter)..


  • Tennis      
     

    Die volgende o.11 tennisseuns gaan vanaf 24 Oktober 2019 tot 28 Oktober 2019 aan 'n toernooi in Sun City deelneem.
    Francois Naude, Ruan van der Merwe, Louwen Wolfaardt, Petrus Wolfaardt en Hannes van der Merwe. Baie sterkte aan al hierdie seuns. Ons hou styf duimvas!


  • Hokkie      
     

    Tydens die Junie-vakansie het Zanri Groenewald die o.13 B OP Hokkiespan (EP Elephants) verteenwoordig in die Paarl by Hoërskool Gimnasium. Die EP Elephants het uitstekend gespeel en het 'n baie suksesvolle toernooi gehad.

    Hulle het 8 wedstryde gespeel teen ander provinsies. Hulle wen 7 wedstryde en verloor slegs een. Aan die einde van die toernooi eindig die EP Elephants tweede en wen 'n silwer medalje. Zanri het pragtig gespeel tydens die toernooi en ook 'n hele paar doele tydens die toernooi aangeteken. Geluk, Zanri. Ons is baie trots om jou!


  • Gimnastiek      
     


    Die volgende leerlinge van die Karoo Gimnastiek Klub het tydens die skoolvakansie deelgeneem aan die South Zone Distrik Kompetisie. Tiaan Fourie, Janine Coetzer en Aj Cronje het baie hard gewerk en het Distrik Kleure verwerf. Baie geluk.

  • Hokkie      
     

    Hokkie o. 13A Union Festival
    Ongelooflik trots op hierdie klomp kinders. Dankie vir almal se ondersteuning langs die veld en ook vir Mariette Burger wat die mooi foto's geneem het.
    Die tellings is as volg:
    Verloor teen Collegiate 0 - 1
    Gelykop teen Riebeek 2 - 2
    Gelykop teen Charlo 1 - 1
    Wen Loraine 2 - 0
    Wen erika 2 - 0
    Verloor Sunridge 1 - 2