
Saterdag, 15 Mei 2021, het Alecia Louw aan die Oos-Kaapproewe in Oos Londen deelgeneem. Tydens die proewe is sy gekies vir die Oos-Kaapspan. Baie geluk, Alecia. Ons is trots op jou.
Saterdag, 15 Mei 2021, het Alecia Louw aan die Oos-Kaapproewe in Oos Londen deelgeneem. Tydens die proewe is sy gekies vir die Oos-Kaapspan. Baie geluk, Alecia. Ons is trots op jou.
Die kreatiwiteit het gevloei tydens Donderdag, die 13de Mei, se Landsdiens. Met ‘n kwas in die hand en ‘n klip op die skoolbank het die Karoo Volksies hulle talente gewys. Die landsdieners moes elkeen ‘n Bybelversie of opbouende woord op hul mooi versierde klip skryf of verf. So kan ons klippie-vir-klippie mekaar aanmoedig om vas te byt en staat te maak op ons Hemelse Vader.
Vrydagmiddag, 14 Mei 2021,het Laer Volkskool se eerste seuns en dogterspanne na Grahamstad vertrek om aan die finale streeksproewe van die Rising Star Parnibas toernooi te gaan deelneem. Ons het Saterdag teen al die wenners van die verskillende zones gespeel. Die dogters het eerste in hulle groep geeindig en het teen die wenners van die B groep gespeel. Hulle het die wedstryd verloor en daarna uitgespeel vir die 3de /4de plek. Die lang dag het sy tol geeis en ons eindig 4de. Dankie dogters vir julle positiewe gesindheid, jul vegtersgees en mooi tennis.
Die seuns het tweede geeindig in hulle groep en speel weer teen Graeme kollege teen wie ons die vorige keer verloor het. Danksy n paar taktiese skuiwe wen ons die wedstryd en speel uit vir die 1ste / 2de plek. Ons verloor teen Stirling 2 wedstryde teen 1. Dankie seuns dat julle tot op die einde geveg het. Dankie seuns en dogters vir julle baie goeie sportmangees, julle goeie maniere en dat julle nooit moed opgegee het nie. En al was die teleurstelling groot het almal dit met n goeie gees en glimlag aanvaar. Ons is super trots op julle. Dankie mev Oosthuizen en mev van Wyk dat julle saam was om die spelers te vergesel. Dit word baie waardeer. Dankie aan al die tennisouers wat ons altyd ondersteun in al ons planne.
Die seuns is:
Die dogters is:
Ons graad 4’s het vandag n kursus gehad waar hulle geleer is hoe om te leer. Dit was baie interessant om van verskillende studiemetodes te leer en ook hoe ons ons tyd moet bestee. Hierdie tegnieke wat vandag aangeleer is, gaan ons help om beter vir die eksamen voor te berei.
Baie geluk aan Elrie Pretorius wat op 24 April 2021 ‘n goue medalje verower het tydens die Oos Kaap Interklub Kompetisie in Port Elizabeth.
Dit was haar eerste kompetisie en het die beoordeelaars baie beïndruk.
Op 28 en 29 April 2021 het Laer Volkskool Wêreldboekedag behoorlik gevier!
Die grondslagfaseklasse het elk ‘n spesiale besoeker ontvang om vir hulle ‘n storie voor te lees. Almal kon hul gunsteling boek saambring en dan ook ‘n kleurvolle boekkarakter uitbeeld. Die intersenfase het ‘n leesperiode geniet. Ons hoop om sodoende die genot van lees te bevorder.
Baie dankie aan al die leerlinge wat die moeite gedoen het om soos ‘n boekkarakter aan te trek. Julle het sommer baie oulik gelyk.