Pret Vrydag

Vrydag, 27 Augustus 2021, was pret Vrydag by Laer Volkskool waar die leerlinge soos hulle sportheld kon aantrek. Daar was baie kreatiewe en oulike sporthelde gewees.  Dankie aan almal wat soos  sporthelde aangetrek het.  Julle het baie oulik gelyk.

Lees meer

Boogskiet

Wian Lotter het die 1ste Maart 2021 by Hoër Volkskool aangesluit vir boogskiet waar hy afrigting by Beyers en Carol Cronje gekry het.  Al die gereelde en ekstra oefening het vrugte afgewerp en hy is in die provinsiale span opgeneem. Die span gaan voorlopig 24 September 2021 in Uitenhage aan ‘n kompetisie deelneem.  Baie geluk…

Lees meer

Landsdiens

16 Augustus was ‘n kreatiewe dag vir ons Landsdieners. Die dogters het die muur by die Kewertjie oor geverf terwyl die seuns sementblokke verwyder het. Die liefde vir Arbeid word goed hier uitgebeeld.

Lees meer

Landsdiens

Op 4 Augustus het ons Landsdiens seuns in drie groepe verdeel. Hulle het drie projekte waarmee hulle hierdie kwartaal besig is. Stasie 1 is die reënmeter met ‘n vetplant tuintjie, stasie 2 is ‘n sonwyser/horlosie en stasie 3 is ‘n windkous/weerhaan. Ons sien uit vir die eindproduk. Hou die spasie dop!

Lees meer