Drie van Laer Volkskool se leerlinge het die afgelope naweek aan die tweekamp liga deelgeneem wat aangebied is te Graaff-Reinet.

Hulle uitslae is soos volg:

Ancois Viljoen – 5de plek (o.13)

Janco van den Berg – 9de plek (o.11)

JJ van Schalkwyk – 1 ste plek (o.8)

 

Baie geluk! Ons is trots op julle!

Die nuwe groep Graad 1’s van Laer Volkskool was opgewonde op hul eerste amptelike skooldag. As daar enige vrese by die nuwe Graad 1โ€™s was, is dit vinnig uit die weg geruim toe die vriendelike personeel die ouers en kinders op die eerste amptelike dag van die nuwe skooljaar verwelkom het.

๐— ๐—ฎ๐—ด ๐—ท๐˜‚๐—น๐—น๐—ฒ ๐—ป๐—ถ๐—ธ๐˜€ ๐˜ƒ๐—ฟ๐—ฒ๐—ฒ๐˜€ ๐—ถ๐—ป ๐Ÿฎ๐Ÿฌ๐Ÿฎ๐Ÿฎ ๐—ป๐—ถ๐—ฒ ๐—ฒ๐—ป ๐—บ๐—ฎ๐—ด ๐—ฒ๐—น๐—ธ๐—ฒ ๐—ฑ๐—ฎ๐—ด ๐—ฎ๐˜€ ‘๐—ป #๐—ž๐—ฎ๐—ฟ๐—ผ๐—ผ๐—ฉ๐—ผ๐—น๐—ธ๐˜€๐—ถ๐—ฒ ๐—ป๐—ฒ๐˜ โ€˜๐—ป ๐—ณ๐—ฒ๐—ฒ๐˜€ ๐˜„๐—ฒ๐—ฒ๐˜€!

๐Ÿ“ท Matty Van Rensburg en Gideon van der Mescht

Vanaf 21 – 23 Januarie het ons leerlingraadslede vertrek op hul jaarlikse leerlingraadskamp te Skietfontein. Hier het die leerlinge meer van mekaar en van hulself geleer. Oom Jannie en sy span het gehelp met die ontwikkeling van leierseienskappe en die leerlinge aangemoedig om as โ€˜n span saam te werk. Hulle het hindernisbane oorwin, hoogtes bereik met die โ€œslingshotโ€ en “paintball” gespeel. Daar was karakter gebou en elke lid het op sy manier uitgeblink.

Die leerlinge het baie geleer en het die naweek geniet.

Dinsdag, 18 Januarie 2021, was ‘n dag vol opwinding en bietjie senuwees toe die graad 1-klas van 2022 opgedaag het vir ‘n Orienteringsdag.

Elke graad 1-leerling het ‘n superheld masker ontvang toe hulle by die skool instap. Almal is daarna in die Kewertjie deur Mnr. D Joubert, die skoolhoof, en die graad 1-juffrouens, Juffrou Gerida Caricato en Juffrou Cindy Marincowitz asook ‘n paar superhelde, die prefekte van 2022, verwelkom. Na die verwelkoming is die graad 1’s klas toe saam met hulle juffrou.

Hulle het die dag afgesluit met ‘n piekniek saam met die prefekte waar daar boeresporte soos toutre, sakresies en eier-op-‘n-lepel kompetisies gehou is. Baie dankie aan elke graad 1-leerling wat die dag saam met ons geniet het.

Ons gelukwense aan Zenicke van Schalkwyk. Sy het Saterdag, 15 Januarie 2022, die Volksies se naam hoog gehou toe sy die Nelson Mandela Baai Aquatics swemspan verteenwoordig het by โ€˜n Interdistrikte gala en โ€˜n bronsmedalje in die 100m rugslag verower.

Sy het ook aan die OP Kampioenskappe deelgeneem waar sy silwer medaljes in die 100m en 200m rugslag verower het. Uitstekend Zenicke!

Ons is trots op jou.