Baie geluk aan Francois Naude en Petrus Wolfaardt wat opgeneem is in die Oos-Kaap o.13 Tennisspan wat die Oos-Kaap op 18 tot 22 Maart 2022 by die Nationale Skole Week in Bloemfontein gaan verteenwoordig.

Ons is baie trots op julle!

Op 14 Februarie 2022 het die Karoo Volksies ‘n inligtingsmiddag gehad oor Landsdiens. Hier het ons geleer van die vier liefdes vir Landsdiens: Liefde vir God, ons medemens, die natuur en vir arbeid.

Hulle het ook vir Albon ontmoet en geleer dat jou dade meer moet sê as jou woorde. Daarna was daar ‘n vinnige toets gewees om te bepaal hoe goed ons Landsdieners luister.

Gideon Viljoen het die afgelope naweek, 11 en 12 Februarie 2022, aan die Victoria-wes perde skou deelgeneem waar hy ‘n eerste plek in die Ruiter o.10 Ope Klas behaal het asook n tweede plek in die Ruiter o.10 Ruiterkuns klas.

Baie geluk, Gideon. Trots op jou!

Donderdag, 10 Februarie 2022, het 20 Graad 1, 2 en 3 atlete van Laer Volkskool aan ‘n atletiekbyeenkoms op Cradock deelgeneem.

Die jong atlete het teen tien ander skole meegeding en baie goed gevaar.

Talle van Laer Volkskool se atlete het deurgedring na die finaal en twee atlete, Hardus Lötter en JJ van Schalkwyk het onder die eerste drie atlete in hul ouderdomsgroep geëidig.

Ons is baie trots op ons jong atlete!

JJ van Schalkwyk en Hardus Lötter

Die volgende swemmers het tydens die swemgala op 3 Februarie 2022 rekords opgestel:

JJ van Schalkwyk (o.8 seuns)

25m Rugslag 0:27,81 0:27,80

Annabelle Kruger (o.10 dogters)

25m Vlinderslag 0:24,61 0:22,05

50m Rugslag 0:50,49 0:50,40

50m Borsslag 1:03,45 0:59,32

Zenicke van Schalkwyk (o.11 dogters)

25m Rugslag 0:20,33 0:19,21

50m Rugslag 0:47,78 0:41,54

50m Kruipslag 0:41,09 0:38,20

Carlien Oosthuizen (o.13 dogters)

25m Rugslag 0:20,15 0:17,95

50mRugslag 0:39,56 0:38,36

25m Kruipslag 0:14,80 0:14,78

50m Kruipslag 0:33,06 0:32,70

Die kleurgala was hierdie jaar ‘n reuse sukses met 73 swemmers wat Donderdag, 3 Februarie 2022, aan Laer Volkskool se jaarlikse swemgala deelgeneem het.

Selfs die onderwysers het aan die aflos deelgeneem om te wys dat hulle ook kan swem. Ons is baie trots op elkeen wat deelgeneem het.

𝘉𝘢𝘪𝘦 𝘥𝘢𝘯𝘬𝘪𝘦 𝘢𝘢𝘯 𝘦𝘭𝘬𝘦 𝘣𝘦𝘢𝘮𝘱𝘵𝘦 𝘸𝘢𝘵 𝘨𝘦𝘩𝘦𝘭𝘱 𝘩𝘦𝘵 𝘰𝘮 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘨𝘢𝘭𝘢 ‘𝘯 𝘴𝘶𝘬𝘴𝘦𝘴 𝘵𝘦 𝘮𝘢𝘢𝘬.

Hierdie week is leesweek. Die fokus is om liefde vir lees by kinders te bevorder. Ons skool het ook ‘n biblioteek waar die leerlinge van Laer Volkskool leesboekies kan uitneem.

Die ure is soos volg:

Maandae 13:30 – 15:00

Dinsdae 13:30 – 15:00