Die afgelope naweek het nege van die o. 13A-hokkiedogters aan n 7’s toernooi by Sunridge deelgeneem. Die dogters het ongelooflike mooi hokkie gespeel. Hulle beland in die finale teen Sunridge waar hulle 1 – 0 wen en ook as die wenners van die toernooi wegstap.

Alecia Louw is ook aangewys as aanvallende speler van die dag

Baie geluk aan elke dogter wat deelgeneem het. Trots op julle!

Die uitslae is as volg:

Wen teen Rowallan Park 5 – 0

Gelykop teen Kingswood 1 – 1

Wen teen Parsons Hill 2 – 1

Wen teen Charlo 1 – 0

Gelykop teen Sunridge 0 – 0

Gelykop teen Riebeek 0 – 0

 

By die uitspeel wedstryde was die tellings soos volg:

Wen Rowallan Park 3 – 0

Wen Charlo 1 – 0

Wen Sunridge 1 – 0

 

Voor: Deidre Alberts, kiana ngemntu, Ancois Viljoen, Stacey Jansen,

Agter: Mynette Viljoen, Kate-Lynn Kruger, Carlien Oosthuizen (kaptein), Alecia Louw (aanvallende speler van die dag, Shana lange

Baie geluk aan Miane van der Merwe wat die afgelope naweek aan die Oos-Kaap Gimnastiek Kompetisie in Gqeberha deelgeneem het en n brons medalje verower het.

Welgedaan! Ons is baie trots op jou, Miane.

Twaalf van Laer Volkskool se skaakspelers het Maandag, 9 Mei 2022, teen Gill op Somerset-Oos gespeel. Hulle wen Gill 42 – 30. Baie geluk aan elke speler.

Ons is trots op julle.