Ons was vandag baie bevoorreg om na Grey High School se strykorkes te luister. Hulle het vanoggend vir ons in die skoolsaal opgetree. Die orkes is op n toer op pad na Bloemfontein en ons is baie dankbaar dat hulle by ons gestop het. Dit was vreeslik mooi om na al die verskillende instrumente te luister.
Sterkte met julle toer verder. Ons weet dit sal goed gaan.
Op 23 Julie 2022 het Wian Lötter, Eben Lötter, Helen Grobbelaar en Erhardt Grobbelaar aan n boogskiet-kompetisie in Jeffreysbaai deelgeneem. Die komende naweek neem hierdie 4 skuts deel aan die OP-Kampioenskappe in Port Alfred. Ons hou duimvas vir julle. 🤞
Dis Opedag 2022. Oom Johann moet al die Gr 1’s van 2023 met die bus gaan haal. Groot opgewondenheid.
‘n Groep van 47 Graad R’e arriveer by LVS. Hulle verken die skoolgebou, ontmoet Mnr Joubert en tannie Brenda. Hulle besigtig die klas waar hulle n storie hoor en sommer ook sien hoe die Graad 1’s al kan lees en al werk. Daarna versier hulle ‘n vlaggie met LVS se 100-jarige embleem op wat hulle met n groot gejuig: ”Volkskool is die beste”, terugneem bus toe. Elkeen ontvang ook n pakkie net om te verseker dat hulle dié dag sal onthou
Al die nuwe ouers woon n saalbyeenkoms by waar hulle na pragtige koor- en musiek-items luister en word deur verskillende sprekers ingelig oor die skool se werksaamhede. Hierna kuier die ouers en die onderwysers verder saam en geniet heerlike verversings.
Die ouers en nuwe leerlinge kon ook meer leer oor elke graad se werksaamhede deur die pragtige vakuitstallings te besigtig.
Nege van Laer Volkskool se leerlinge het die vakansie vanaf 27 Junie 2022 tot 1 Julie 2022 die Provinsiale Landsdienskamp by Skietfontein bygewoon.
Baie geluk aan Carlien Oosthuizen (Graad 7), Kate-Lynn Kruger (Graad 7), Mynette Viljoen (Graad 6) en AW Lambrecht (Graad 6). Hulle is gekies om na die Nasionale kamp toe te gaan wat vanaf 10 tot 15 Desember 2022 sal plaasvind. Dis veral n groot prestasie vir graad 6-leerlinge om gekies te word omdat dit gewoonlik slegs graad 7’s is wat vir die Nasionale kamp gekies word. Twee van Laer Volkskool se leerlinge is ook op die reserwe lys. Trots op elkeen van julle!
Die o. 13A-rugby- en hokkiespan het die naweek vanaf 24 Junie 2022 tot 27 Junie 2022 aan die 𝗔𝗻𝗻𝗲 𝗕𝗲𝗮𝗴𝗹𝗲𝘆 𝗝𝘂𝗻𝗶𝗼𝗿 𝗥𝘂𝗴𝗯𝘆 & 𝗛𝗼𝗰𝗸𝗲𝘆 𝗙𝗲𝘀𝘁𝗶𝘃𝗮𝗹 wat deur Union aangebied is, deelgeneem. Die tellings is soos volg:
Baie geluk aan Petrus Wolfaardt. Hy is gekies as speler van die wedstryd tydens Cravenweek 2022 waar die Oos-Kaap provinsie teen Vrystaat gespeel het. Oos-Kaap wen 33 – 26. Baie geluk, Petrus. Ons is baie trots op jou.
Baie geluk aan hierdie twee seuns wat as kapteine verkies is.
Petrus Wolfaardt is verkies as kaptein vir die o.13 Cravenweekspan.
Louis de Wet is verkies as kaptein vir die OP o.13B-rugbyspan. Dis ‘n baie mooi prestasie. Welgedaan!