Montego Cares Chess Tournament

Ag skaakspelers van Laer Volkskool het op 6 September 2022 deelgeneem aan die Montego Cares Chess Tournament wat in die Botanies se saal gehou is. Skole wat in die Laerskole toernooi meegeding het, is die Union skole, Laer Volkskool, Kroonvale Primêr, Graaff- Reinet Primêr, Ryneveldpark en Narsingstraat. Laer Volkskool se skaakspelers het uitstekend gevaar. Hulle het in beide die A-Liga en die B-Liga vir laerskole as die wenspanne uit die stryd getree en die spanpryse verower. Die volgende leerlinge het ook onder die eerste drie spelers geëindig en pryse gewen.

 

Steven Alberts ding mee in die B-Liga en verower uit 24 spelers ‘n puik 3de plek.

In die A-Liga, ook uit 24 spelers, wen Michyle Mostert ‘n prys vir 2de plek en PJ van Veijeren vir 3de plek.

 

Baie geluk aan al die Laer Volkskool spelers met jul puik prestasies!

 

A Liga: Wenspan – Laer Volkskool

  1. Johan Viljoen
  2. Divan Erasmus
  3. Tiaan Erasmus
  4. Steven Alberts

B Liga: Wenspan- Laer Volkskool

1.Jeandré Theron

2.Michyle Mostert

3.PJ van Veijeren

4.Jevan Arends

 

Foto:PJ van Veijeren, Jevan Arends, Steven Alberts, Tiaan Erasmus

Agter: Johan Viljoen, Divan Erasmus, Jeandré Theron, Michyle Mostert

Die eerste vier spelers van die eerste seunspan het Vrydag 2 September 2022 na Oos -Londen vertrek om aaan die BNP Paribas Rising Star Tennis se provisiale finaal te gaan deelneem.

Ons seuns het 2de in hul afdeling gekom en moes teen Stirling Primary speel. Ongelukkig kon ons nie die wedstryd beklink nie en speel dus uit vir die 3de of 4de plek.

 

Baie geluk aan Francois, Petrus, Louis, Jan-Louw wat 3de geeindig het. Ons is baie trots op julle, nie net vir die tennis wat julle gespeel het nie, maar ook vir julle optrede op en van die baan.

Dankie aan mev. Oosthuizen en mnr van Zyl wat hulle vergesel het.

 

Foto

Jan-Louw du Plessis, Francois Naude, Louis de Wet, Petrus Lategan

Marli Fourie en Gideon Viljoen het die naweek aan die Noord-Kaap Streekskou wat in Upington plaasgevind het, deelgeneem. Hulle het die volgende plekke behaal:

Marli Fourie

Tweede plek in die 5-gang onder 14 jaar

Eerste plek in die 5-gang ruiterkuns onder 14 jaar

 

Gideon Viljoen

Tweede plek in die Stap/Draf Kinderryperd 8 jaar en onder

Tweede plek in die ruiterkuns vir Stap/Draf Kinderryperd 8 jaar en onder

 

Baie geluk aan albei hierdie leerlinge. Ons is trots op julle!🏇

Baie geluk aan Wian Lötter wat gekies is vir die Oos-Kaap Boogskietspan. Hy gaan 5 – 7 Oktober 2022 aan die nasionale kompetisie in die Paarl deelneem. Baie sterkte Wian. Ons hou styf duimvas. 💪

Vrydag, 2 September 2022, het ‘n o.11 en o.13 seunspan teen Graeme Kolleg van Grahamstad gespeel. Hoewel die wind baie gewaai het, het die seuns goeie tennis gespeel.

Uitslae is soos volg:

  1. 13 – LVS 16 Graeme 76
  2. 11 – LVS 47 – Graeme 46

Dankie aan al die ouers wat die kos voorsien het vir Graeme se spelers. Ons waardeer dit baie.

Foto

Voor: Frederick de Klerk, Izak Naude, Chrislu du Plessis, Christo Nel

Middel : Schalk de Jager, Stephen Marais, Daniel Nel, Andre Wolfaardt, Jaco Steynberg

Agter: Johannes Retief, Reanco Desysel

Op 31 Augustus 2022 het LVS en HVS bymekaar gekom en aan ‘n heerlike lofprysingsaand deelgeneem. Om deel te kon wees van die geleentheid moes elke landsdiener ‘n blikkie kos of nie-bederfbare produk saambring wat aan die Margery Parks TB Hospitaal geskenk word.

Die Kewertjie het omtrent gebulder van die stemme en met groot glimlagte sluit ons die aand af met “Kumbaya”. Baie dankie aan elke leerder wat ‘n bydrae gemaak het. Ons dank ook die Here dat ons Sy naam kan loof en prys.

Op 1 September 2022, vertrek LVS se landsdiensbestuur na Margery Park Hospitaal en lewer die kos af. Ons bid dat die voedsel ‘n seëning vir elkeen sal wees.

Monique Nell en Terina Retief het vanaf 19 tot 27 Augustus 2022 aan die PEDF in Gqeberha (PE) deelgeneem. Dit was die 41ste PEDF waaraan meer as 1500 deelnemers deelgeneem het. Monique en Terina het die volgende prestasies behaal:

Terina Retief 

Goud – Novice Modern Duet Straight (I’m yours)

Monique Nell 

Goud – Novice Modern Duet Straight (I’m yours)

Silwer – Novice Tap Solo Character (Alley Cat)

Goud – Novice Ballet Duet Classical (Demi – P) (Spanish flair)

Welgedaan julle twee! Ons is trots op julle!

Op 5 Augustus 2022 het mnr P. de Villiers, ‘n vorige skoolhoof van Laer Volkskool, ‘n Eeufees Gedenkplaat tydens die skool se saalbyeenkoms onthul.

Die plaat sal in die skool se voorportaal aangebring word ter herdenking van die skool se 100-jarige bestaan.