

Laer Volkskool se laaste projek vir 2022 was ‘n Pantoffeldag op 24 November 2022. Leerders kon pantoffels aantrek of gekleurde sokkies dra by hulle skooldrag. Hulle is gevra om ‘n produk saam te bring vir ons laaste liefdadigheidsprojek vir 2022.
Die tafels kreun behoorlik onder die gewig van die nie-bederfbare produkte wat die leerders en ouers geskenk het! Hierdie produkte sal in Kersfeespakkies opgemaak word vir behoeftige gesinne van Laer Volkskool. Ons wil u bedank dat die projekte so goed ondersteun word, dit is ‘n riem onder die hart!
Marli Fourie en Gideon Viljoen het die naweek van 4 – 5 November 2022 aan die skou op Philippolis deelgeneem. Hulle het die volgende prestasies behaal:
Gideon Viljoen
1ste plek in die stap/draf kinderryperd vertoon deur ‘n kind 8 jaar en onder
2de plek in die stap/draf ruiterkuns 8 jaar en onder
Marli Fourie
1ste plek in die 5-gang ruiters o.18.
Sy wen ook die Louis van Wyk Wisseltrofee
Baie geluk
aan albei hierdie leerlinge. Ons is trots op julle!
Laer Volkskool het op 7 November 2022 die sport vir die jaar afgesluit deur ‘n pretgala te hou.
Daar was met bordjies, noodles, rugbyballe, tennisballe in kegels en hemde geswem. Dit was ‘n heerlike dag met tonne pret waar almal aan verskeie aktiwiteite/kompetisies kon deelneem soos om een lengte met bordjies te skop, te swem met ‘n noodle om die lyf, om met ‘n rugbybal te dribble terwyl hulle swem, om ‘n tennisbal op ‘n kegel en op ‘n bordjie te balanseer, te swem met hemde en dit dan uit te trek en vir jou spanmaat oor te gee en vele meer.
Na die kompetisies was al die swemmers bederf met ‘n heerlike roomys. Ons glo almal het dit baie geniet.
Op 3 November 2022 speel die o.9, o.11 en o. 13 krieketseuns teen Gill in Somerset-Oos.
Die o. 9 krieketseuns wen hulle wedstryd met 17 lopies teen Gill in Somerset-Oos.
Die o. 11’s het ń fantastiese wedstryd gespeel en wen met 4 paaltjies in ń 20 boulbeurt wedstryd. André Wolfaardt het 5 paaltjies laat val en Eben Lötter het 25 lopies aangeteken. Drian Gildenhuys het hom goed van sy taak gekwyt en 21 lopies aangeteken. Die spelers het goeie karakter op en van die veld gewys.
By die o. 13’s het Gill eerste gekolf en n aantal van 91 lopies gekry. Volkskool se beste bouler was Francois Naude met 3 paaltjies. Volkskool se beste kolwers was Petrus Wolfaardt (28 lopies) en Jano Jevan (26 lopies)
Volkskool wen die wedstryd met 9 paaltjies
Welgedaan seuns. Trots op julle!
Op 1 November kon die gala uiteindelik plaasvind wat in Februarie 2022 uitgestel was. Dit was ‘n baie goeie dag vir die Karoo span en veral vir Laer Volkskool se swemmers. Die volgende uitslae is behaal waarby die swemmers goud, silver of brons medaljes verower het vir die eerste drie plekke. Zenicke van Schalkwyk het ook ‘n nuwe byeenkoms rekord vir dogter o.11 in die 50m Rugslag losgeswem.
Laer Volkskool het in totaal 18 goud, 23 silver en 7 brons medaljes verower tydens die gala.
Baie geluk aan die volgende swemmer wat gekalifiseer het vir hul swem half-erekleure: Z van Schalkwyk, AW Lambrechts, C Oosthuizen en F Naude
Baie geluk aan elke swemmer wat Volkskool se naam hoog gehou het. Ons is baie trots op elkeen van julle.
Ouderdom | Naam | 4×50 IM | 50m Vryslag | 50m Bors | 50m Rug | 50m Vlinder | 4x50m IM aflos | 4x50m
Vryslag aflos |
o.9 | N Wolfaardt
(2x silver) |
2de | 2de | |||||
JJ v Schalkwyk
(1x goud) |
1ste | |||||||
o.10 | A Kruger
(1x goud 1x brons) |
3de | 4de | 4de | 1ste | |||
I Naude
(3x goud) |
1ste | 1ste | 1ste | |||||
o.11 | A Viljoen
(1x goud 1x silver) |
1ste | 2de | |||||
M vd Ahee
(2x goud, 1x brons) |
3de | 1ste | 1ste | |||||
Z v Schalkwyk
(4x goud, 1x silver) |
1ste | 1ste | 1ste | 1ste | 2de | |||
o.12 | M Viljoen
(1x goud, 1x brons) |
4de | 1ste | 3de | ||||
AW Lambrechts
(4x goud, 1x silver & 1x brons) |
1ste | 1ste | 1ste | 3de | 1ste | 2de | ||
F de Klerk
(2x silver) |
2de | 4de | 2de | |||||
J Viljoen
(1x goud, 1x silver) |
1ste | 2de | ||||||
o.13 | C Oosthuizen
(5x silver) |
2de | 2de | 4de | 2de | 4de | 2de | 2de |
E Viljoen
(2x silver) |
4de | 2de | 2de | |||||
K Kruger
(2x silver, 2x brons) |
3de | 2de | 3de | 2de | ||||
F Naude
(3x silver, 1x brons) |
4de | 5de | 2de | 3de | 4de | 2de | 2de | |
J Retief
(2x silver) |
2de | 2de | ||||||
L de Wet
(1x silver) |
2de |
Op Vrydag, 4 November 2022, is 39 opgewonde graad 5 en 6 leerders se tasse gepak en word die lang pad na Boknes aangedurf. Ons sien olifante, elande, zebras en cheetahs naby Addo. Daar word ook vinnig by Nanaga gestop vir ‘n paar peuselhappies.
Ons flukse Karoo Volksies laai tjoef-tjaf alle gereedskap en kosvoorraad af by die kampeerterrein en kry hulle slaapplek gereed. Ons begin die kamp met ysbrekers soos “bang,” “Captain’s Orders” en musiek standbeelde. Daarná word daar heerlik geëet en geoefen vir hul sprokiesopvoering.
Saterdag is ons vroeg wakker! Magies is vol en ons beweeg af strand toe. Daar word naellope gehardloop, geswem en sandstandbeelde gebou. Ons het selfs ‘n paar meerminne gehad. Die middag word daar speletjies by die kampeerterrein gehou. Boontjiesakke is gegooi, “rounders” is gespeel en is toe al lekker rooi van die son!
Ons sluit die aand af met ‘n braai, waarná ons uit ons mae lag vir die sprokiesopvoerings! Ons hou ‘n vinnige sokkie en 11uur is almal in die bed.
Dit was ‘n naweek vol opwinding, 5-ster maaltye en tonne pret!
Baie dankie aan juffrou Luiters, Potgieter, Terblanche en Schutte en meneer van Loggerenberg vir jul organisering en voorbereiding. Ons wil ook graag ons busbestuurders en braaiers, oom Theo Potgieter en Cornie Jansen bedank vir julle aandeel in die kamp.

Voor: Deidré Alberts, Mynette Viljoen (Hoofmeisie), Christi Schutte (Onderhoofmeisie), Chelsea Hendricks, Keenan de Pearce, AW Lambrechts (Hoofseun), Johan Viljoen (Onderhoofseun), Armand Nell
Agter: Monique Nell, Hestri Pearson, Chenoa Jeffrey, Nushaan Beyers, Arno Slabbert, Reanco Deysel, Helgard van Wyk, Cobus Viljoen

MEISIES
Voor: Deidré Alberts, Mynette Viljoen (Hoofmeisie), Christi Schutte (Onderhoofmeisie), Chelsea Hendricks
Agter: Monique Nell, Hestri Pearson, Chenoa Jeffrey, Nushaan Beyers

SEUNS
Voor: Keenan de Pearce, AW Lambrechts (Hoofseun), Johan Viljoen (Onderhoofseun), Armand Nell
Agter: Arno Slabbert, Reanco Deysel, Helgard van Wyk, Cobus Viljoen