Top 8 Kampioenskapgala

Ons swemmers het werklik goed gevaar die afgelope naweek tydens ‘n B-groep gala te Port-Elizabeth waar 37 skole deelgeneem het.

Alle B-groep galas se uitslae is hierna saamgevoeg en die top 8 swemmers vir elke ouderdom in elke swemslag is bepaal.

Dit is aangenaam om aan te kondig Laer Volkskool het hierdie jaar ‘n mooi getal van SEWE swemmers wat na die top 8 gala genooi is.

Hulle het as volg gekwalifiseer:

Luhan Alberts: borsslag

Uné Groenewald: vryslag & rugslag

Elmaré Naudé: borsslag, vryslag & rugslag

Beulah Nel: vryslag & rugslag

Christo Nel: rugslag

Naudé van der Merwe: rugslag

JJ van Schalkwyk: borsslag, vryslag & rugslag.

Dié swemmers neem 10 November 2023 deel aan hierdie uitnodigingsgala te Port-Elizabeth.

Baie geluk aan al hierdie swemmers. Trots op julle!

Die eerste 4 tennisseuns en -dogters het die afgelope naweek vanaf 26 tot 29 Oktober 2023 aan die jaarlikse Jocelyn Marais tennistoernooi in Graaff-Reinet deelgeneem.

Die uitslae is soos volg:

SEUNS

Verloor Beaumont 0 – 12

Wen Stellenbosch B 7 – 6

Wen Worcester 11 – 2

Verloor Stellenbosch C 4 – 8

Eindig 6de in die toernooi

DOGTERS

Verloor DSG B 5 – 8

Verloor Collegiate 0 – 12

Verloor Stirling 0 – 12

Speel gelykop teen Cradock B 6 – 6

Eindig 8ste in die toernooi

 

Foto:

Voor: Izak Naude, Ancois Viljoen, André Wolfaardt

Agter: Mynette Viljoen, Johan Viljoen, Chenoa Jeffrey, Dante Dercksen, AW Lambrechts

Zenicke van Schalkwyk het die afgelope naweek (21 Oktober 2023) daarin geslaag om te kwalifiseer vir die Suid Afrika Nasionale Juniors gala (SANJ).

Dit behels dat sy teen die beste swemmers van Suid-Afrika gaan swem in die Junior afdeling in Maart 2024.

Dit is werklik ‘n uitsonderlike prestasie in Laer Volkskool se geskiedenis!

Ons is voorwaar trots op jou, Zenicke.

Vier van ons leerders het vanaf 4 tot 6 Oktober 2023 aan Interprovinsiale en Interskole Boogskiet Kompetisies in Gauteng deelgeneem.

Hulle uitslae is soos volg:

INTERSKOLE

Eben Lötter

3D – 260/300

Bulls Eye – 243/300

Conrad Kleyn

3D – 232/300

Bulls Eye – 284/300

Helen Grobbelaar

3D – 242/300

Bulls Eye – 250/300

Erhardt Grobbelaar

3D – 188/300

Bulls Eye – 201/300

INTERPROVINSIALE

Eben Lötter

Bulls Eye – 246/300

Conrad Kleyn

Bulls Eye – 258/300

Helen Grobbelaar

Bulls Eye – 239/300

 

Foto: Conrad Kleyn, Erhardt Grobbelaar, Helen Grobbelaar, Eben Lötter

Raptors Martial Arts-klub het Saterdag, 14 Oktober 2023, vir die eerste keer aan die “East Coast Elephant Open” deelgeneem. Die studente het onder gewig deelgeneem en kon te staan kom teen enige kleur belt, van wit tot swart.

Alhoewel meeste nog beginners is, het hulle uitstekend gevaar en nie vir ‘n oomblik terug gestaan nie.

Die volgende studente het medaljes verower:

Zaskia Erasmus:

Tatami semi-kontak: silwer

Arne Oosthuizen:

Tatami ligte kontak: brons

Darius Els:

Tatami ligte kontak: silwer

Frederik Steynberg:

Tatami semi-kontak: goud

Tatami ligte kontak: goud

Leshandré Roman:

Tatami ligte kontak: silwer

Gerrit Jordaan en Aj Cronje het ook deelgeneem en baie goed gevaar.

Julle almal maak ons trots! Baie geluk!

 

Foto

Voor: Frederik Steynberg, Darius Els, Zaskia Mostert

Agter: Leshandré Roman, AJ Cronje, Gerrit Jordaan

Die naweek van 12 tot 15 Oktober 2023 was ‘n onvergeetlike ervaring vir die graad 7’s van Huis Eybers, wat hul jaarlikse koshuistoer na Boknesstrand onderneem het.

Die naweek het koud en reënerig begin, maar dit het nie die gees van die leerders gedemp nie. Saterdag het die son weer sy gesig gewys en dit was tyd vir ‘n dag van strandpret en swem.

‘n Uitstappie is na Bathurst gemaak om die reuse Pynappel te besoek. Die WB-rugby is by ‘n plaaslike restaurant gekyk, Port Alfred is verken en heerlike wafels is geëet.

Nog ‘n hoogtepunt was die besoek aan Addo op pad terug. Hier het die leerders nie net olifante gesien nie, maar ook ‘n verskeidenheid ander wildsoorte. Addo-adrenaline Park het nog meer opwinding gebring met ‘n zip line-ervaring en ‘n groot swing-avontuur.

Terug by die koshuis Sondag laatmiddag, het die leerders lekker saam geëet en die laataand naelbyt Wêreldbeker-rugby gekyk.

Dit was ‘n toer om vir altyd te onthou, ‘n tyd van avontuur, pret en vriendskap. ‘n Naweek wat die graad 7 maats vir altyd sal koester.

Baie baie dankie aan Johan en Verna wat hierdie wonderlike geleentheid moontlik gemaak het vir ons kinders! Die ouers van Huis Eybers waardeer julle!

Ian Maré het die afgelope naweek aan die 15de Novels Classic tennistoernooi in de Aar gaan deelneem.
Hy het baie goed gevaar en ‘n tweede plek in die seuns o.10 groep verower.
Baie geluk, Ian. Trots op jou!

Vyf van Laer Volkskool se leerders het die afgelope naweek (21 Oktober 2023) aan ‘n A-liga swemgala deelgeneem te Gqeberha (Port-Elizabeth).

Hulle het as volg presteer:

Elmaré Naude

(3de, 5de, 5de,8ste,11de)

JJ van Schalkwyk

(2de, 2de, 3de, 3de, 3de, 5de, 8ste, 8ste)

Elmaré en JJ is 8 jaar oud, maar swem in die ouderdomsgroep van 10 jaar en onder.

Naudé van der Merwe

(3de, 6de, 8ste, 10de, 11de, 12de)

Annabelle Kruger

(5de, 5de, 6de, 6de, 6de, 7de, 11de, 12de, 13de)

Zenicke van Schalkwyk

(1ste,1ste,1ste, 1ste,1ste, 2de, 2de, 2de)

Hierdie swemmers het gesorg vir 15 podiumplekke in totaal! Welgedaan!

 

Foto:

Agter: Annabelle Kruger, Zenicke van Schalkwyk, Naudé van der Merwe

Voor: Elmaré Naudé, JJ van Schalkwyk