Laer Volkskool se jaarlikse kleure Atletiekbyeenkoms het vanjaar vroeg afgeskop met die velditems wat op Woensdag 25 Januarie 2023 plaasgevind het.

Op Vrydag 27 Januarie het die Rupertspan (Rooi) en die Reinetspan (Blouspan) kragte gemeet op baan. Ten spyte van hoë temperature daardie dag het beide spanne uitstekend gevaar. Die Rupertspan het egter met 915 punte teenoor die Reinetspan se 753 punte as die wenners uit die stryd getree.

Drie rekords is verbeter:

Lee – Jon Blignaut Seuns o.12 100m: 13,68

Lee – Jon Blignaut Seuns o.12 150m: 21,13

Samuel Pearson Seuns o.11 Gewigstoot: 8, 65m

Deidré Alberts is aangewys as die Victrix Ludorum en die Victor Ludorum word hierdie jaar gedeel deur AW Lambrechts en Tristan Lodewyk.

Baie geluk aan al hierdie atlete wat so uitstekend gevaar het. Dankie aan die ondersteuners en elkeen wat as beampte gehelp het. ‘n Spesiale dank ook aan die terreinpersoneel wat die velde so pragtig voorberei het.

Foto’s is geneem deur Gideon van der Mescht

Baie geluk aan die volgende spelers wat deur is na die Sarah Baartman Zone 2 proewe:

o.11 Seuns
Andre Wolfaardt
Izak Naude
Ian Maree
Reserwe: Luke Steyn

o.11 Dogters
Nele Wolfaardt
Reserwe: Elmare Naude

o.12 Dogters
Dante Dercksen
Ancois Viljoen

o.13 Seuns
Johan Viljoen
AW Lambrecht

o.13 Dogters
Mynette Viljoen
Reserwe: Chenoa Jeffrey

Vier van ons leerders het die afgelope naweek aan ‘n tweekamp byeenkoms deelgeneem te Somerset-Oos. Elmaré Naudé het ‘n tweede plek behaal in die dogters 0/9 afdeling. JJ van Schalkwyk het ook ‘n tweede plek behaal by seuns 0/9. Ancois Viljoen het ‘n algehele vierde plek behaal vir dogters 0/13 en Izak Naude het uitstekend gevaar tydens sy eerste tweekamp kompetisie.

Volkskool is baie trots op hierdie atlete!

Foto’s: Mariëtte Burger

Graaff-Reinet-son, ‘n water-aktiwiteit en vele pret! Dis ‘n resep vir ‘n heerlike graad 1 piekniek. Op 17 Januarie 2023 het die prefekte die graad 1’tjies hartlik verwelkom. Hulle word op ‘n toer deur die skool geneem en sodat hulle weet waar om te speel, lekkers te koop en leer. Daarná is daar op die rugbyveld met spuite vol water baljaar! Ons sluit die piekniek af met ‘n peuselhappie en rit op die trein. Ons wens vir elke liewe graad 1-leerder ‘n voorspoedige jaar toe.

Foto’s: Gideon van der Mescht