Ons was vandag weereens bevoorreg gewees om ons jaarlikse Oupa en oumadag by Laer Volkskool te hê. Die dag het begin met ons hoofseun, AW Lambrehts, en hoofdogter, Mynette Viljoen, wat al die oupas en oumas verwelkom het. Daarna het die koor onder leiding van Trudine Vos vir almal twee pragtige liedjies gesing. Die prefekte van 2023 het die oupas en oupas vermaak deur Rooikappie op te voer. Daar was ook drie van ons talentvolle leerders wat ‘n musiekitem gelewer het.

Baie dankie aan al ons oupas en oumas wat die dag saam met hulle kleinkinders kom geniet het. ‘n Spesiale dankie aan aan die OOV en al die ouers wat gehelp het met die saal en al die reëlings om die dag ‘n sukses te maak.

Op Maandag, 27 Maart 2023, en Dinsdag, 28 Maart 2023, het daar ‘n netbalkliniek by Laer Volkskool plaasgevind. Die kliniek is deur Lana Krige en drie Provinsiale Netbalspeelsters aangebied. 113 netbaldogters vanaf o. 7 tot o. 13 het daaraan deelgeneem. Daar was ook 13 afrigters van ons buurskole wat deelgeneem het. Baie dankie aan elke dogter wat die kliniek saam met ons geniet het.

Mag elke speelster hierdie seisoen sy volle potensiaal op die netbalbaan bereik.

Baie geluk aan Ancois Viljoen wat deur is na die volgende rondte Oos-Kaap netbalproewe. Die volgende proewe is 14 Mei 2023 in Grahamstad.

Ons wens jou baie sterkte toe. Trots op jou!

Zenicke van Schalkwyk het gekwalifiseer om eerskomende naweek aan die SA vlak-3 swemkampioenskap deel te neem. Sy neem deel in Kaapstad vanaf 1-3 April. Baie geluk en lekker swem, Zenicke!

Sondag, 12 Maart 2023, het Franco Wolfaardt aan ‘n Gholf kompetisie op Kingswood in George deelgeneem. Hy het baie goed gespeel en in die o.8 ouderdomsgroep 2de geëindig met net 3 houe meer as die algehele wenner. Baie geluk, Franco. Trots op jou!

#trotsvolkskool

Die volgende leerders was opgeneem in die Synergy Cup-span en het aan ‘n toernooi gedurende Februarie in Kimberley gaan deelneem. Hulle het vandag ook tydens opening erekleure vir tennis ontvang. Baie geluk. Trots op julle!

Agter: Ancois Viljoen, Dante Dercksen,

Mynette Viljoen

Voor: Nele Wolfaardt, Izak Naude

 

#trotsvolkskool

Die swemseisoen staan amper einde se kant toe. Die volgende leerders het vandag tydens opening half-erekleure vir swem ontvang.

In die Interdistrikte afdeling is die vereiste dat die leerders aan meer as een individuele slag deelneem op distrikte vlak en ook aan die aflosse. Die volgende leerders het gekwalifiseer: Zenicke van Schalkwyk, Markus van der Ahee, Uné Groenewald, AW Lambrechts en JJ van Schalkwyk.

Annabelle Kruger het deelgeneem aan die SA vlak-2 gala en dus verdien sy ook half-erekleure vir swem.

Baie geluk aan al hierdie swemmers. Ons is geweldig trots op julle!

 

Foto

Agter: AW Lambrechts

Middel: Zenicke van Schalkwyk, Une Groenewald, Annabelle Kruger

Voor: Markus van der Ahee, JJ van Schalkwyk.

Gideon Viljoen het op 10 en 11 Februarie 2023 aan die Victoria-Wes Saalperdstreekskou deelgeneem. Hy het ook die volgende prestasies behaal:

Eerste plek vir Stap/Draf Ruiters 8 jaar en onder

Eerste plek vir Stap/Draf Plesierperd Ruiters 8 jaar en onder

Eerste plek vir Stap/Draf Ruiters 8 jaar en onder – Ruiterkuns

Eerste plek vir Stap/Draf Plesierperd Ruiters 8 jaar en onder – Ruiterkuns.

Baie geluk, Gideon! Trots op jou!