Drie van Laer Volkskool se atlete het gedurende die vakansie, die Oostelike Provinsie verteenwoordig en aan die SA Tweekamp Kampioenskap te Stellenbosch deelgeneem.
Afstande vir die verskillende ouderdomsgroepe is as volg:
o.9: 400 meter hardloop en 50 meter swem
o.11 en o.13: 800 meter hardloop en 50 meter swem
Laer Volkskool se atlete het baie goed gevaar.
Ancois Viljoen het algeheel 35ste in die o.13-afdeling geëindig.
JJ van Schalkwyk het 5de in die seuns o.9-afdeling geëindig.
Elmaré Naudé is die 𝘢𝘭𝘨𝘦𝘩𝘦𝘭𝘦 𝘸𝘦𝘯𝘯𝘦𝘳 in die dogters o.9-afdeling.
Baie geluk met julle goeie prestasies.
Agtien leerders het Saterdag, 01 April 2023, die Sneeuberg Crawl in die Murraysburgdistrik aangepak. Daar was 138 ryers wat in verskillende afdelings meegeding het.
In die 50 km het Frederik de Klerk (o.10) ‘n tweede plek in die o.15-afdeling behaal.
In die o.12-afdeling het Pedri van der Merwe ‘n eerste plek, Naude van der Merwe ‘n 2de plek en James ‘n 3de plek verower.
Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het. Trots op julle!
#volkskoolgraaffreinet
#fietsroute
#laervolkskool
#fietsry
Foto: James Asher, Naude van der Merwe, Pedri van der Merwe
Saterdag, 18 Maart 2023, het die o.13 A hokkie- en rugbyspan aan n toernooi by Laerskool Lorraine deelgeneem. Baie geluk aan albei hierdie spanne.
📷 Dankie aan Gideon van der Mescht vir die mooi foto’s.
Die uitslae is soos volg:
Hokkie o. 13A
Wen Westering 2 – 0
Wen Priory 3 – 0
Wen Grens 3 – 0
Rugby o. 13A
Speel gelykop teen Muir 5 – 5
Wen Sonop 10 – 5
Verloor Lorraine 0 – 5








Suid-Afrikaanse Tweekamp Kampioenskap 2023
Drie van Laer Volkskool se atlete kwalifiseer hierdie jaar om deel te neem aan die SA – Tweekamp Kampioenskap. Hulle verteenwoordig die Oostelike Provinsie tydens hierdie byeenkoms.
Dit kampioenskap vind Saterdag, 1 April 2023 plaas, te Stellenbosch.
Baie geluk aan Elmare Naudé (o.9), JJ van Schalkwyk (o.9) en Ancois Viljoen (o.13).
Hou Volkskool se naam hoog en geniet die kompetisie!
Op 25 Maart 2023 het Erhardt Grobbelaar, Helen Grobbelaar en Eben Lotter aan twee kompetisies, die Soulpoint Ope en GLA ope, by GLS (Global Leadership Academy) in Jeffreysbaai gaan deelneem. In beide kompetisies is daar net in die “Bull’s Eye”-afdeling meegeding. Skuts van Alexandria, Despatch, Uitenhage, Jeffreysbaai en Graaff-Reinet was daar om die dag teen mekaar mee te ding.
Baie geluk! Julle maak ons trots.
Die uitslae is soos volg:
Soupoint
Eben Lotter (Junior) 1ste plek – 266
Helen Grobbelaar (Junior) 2de plek – 229
GLA ope
Eben Lotter (Junior) 2de plek – 247
Helen Grobbelaar (Junior) 3de plek – 198
FOTO: Eben Lotter, Helen Grobbelaar, Erhardt Grobbelaar
Op Woensdag, 29 Maart 2023, het die prefekte ‘n Tiekie-middag gehou om die kwartaal op ‘n hoogtepunt af te sluit. Leerders kon aan ‘n kussinggeveg deelneem, probeer om ballonne met veërpyltjies raak te gooi en kon raai om ‘n prys by die snoepie te wen.
Baie dankie aan al ons leerders wat ons ondersteun het. ‘n Spesiale dankie aan Judy en Lizelle Rademan wie se hande vir niks verkeerd staan nie en dankie ook aan die prefekte wat die Tiekie-middag moontlik gemaak het.














Johan Viljoen en Mynette Viljoen het 27 – 28 Maart 2023 die Oos-Kaap Elephantspan in Bloemfontein gaan verteenwoordig. Hulle het teen verskeie provinsies gespeel. Elkeen het ‘n enkels gespeel wat bestaan uit twee stelle en ook ‘n dubbels wat bestaan het uit ‘n “pro set”. Baie geluk aan albei hierdie spelers. Ons is baie trots op julle!
Die uitslae is soos volg:
Verloor WP
Verloor Vrystaat
Verloor Gauteng-Oos
Verloor Noordwes
Wen Limpopo