Die graad 7-klas het hierdie kwartaal as deel van hulle geskenk vir die jaar ‘n projek geloots waar hulle diereprodukte ingesamel het om aan die CLAWS-organisasie te skenk.

CLAWS is ‘n organisasie wat na weggooi diere omsien.

Die graad 7’s het op 22 Junie 2023 die produkte wat ingesamel is aan mev. Erma Voigt van CSI (Camdeboo Sterilisation Initiative) oorhandig.

Baie dankie aan elkeen wat iets vir hierdie projek geskenk het. Dit word opreg waardeer!

Gedurende die afgelope naweek, 17 Junie 2023, het ons o.10 en ‘n o.9 hokkiespan aan die u/10 Union Hockey Festival deelgeneem. Dit wat ‘n heerlike dag van goeie hokkie.

Die tellings is soos volg:

o.9

wen Union B 2 – 1

wen Cradock 6 – 0

verloor Collegiate 1 – 0

o.10

gelykop teen Cradock 1 – 1

gelykop teen Collegiate 1 – 1

wen Union B 2 – 1

 

Die SA ranglys vir swemmers is hierdie week bekendgestel.

Ons is baie opgewonde om te verneem dat Zenicke van Schalkwyk een van Suid-Afrika se topswemmers is.

Sy het in vier items onder die top 10 van SA gekwalifiseer in haar ouderdomsgroep.

Sy is 6de in die land met 200m rugslag en 7de met 200m wisselslag. Zenicke se 50m rugslag is 9de en sy het nog ‘n 9de plek met 100m rugslag.

Haar ander items is onderskeidelik 12de, 13de, 30ste en 44ste op die ranglys.

Dit is ‘n prestasie waarop Volkskool voorwaar trots is.


Met die vrystelling van die Suid-Afrikaanse ranglys vir swem was Annabelle Kruger se beste item die 200m borsslag. Haar tyd lê 116de op die Suid-Afrikaanse swemranglys in haar ouderdomsgroep. Dis ‘n mooi prestasie en getuig van harde werk in die swembad.

Annabelle se ander items lê onderskeidelik 224ste, 240ste, 267ste en 294ste.

Ons sien uit om te sien watter hoogtes Annabelle in die nuwe swemseisoen gaan bereik.

Die studente van Raptors Martial Arts-klub het die naweek, 3 en 4 Junie 2023, aan die E.P Classic Kampioenskappe in Despatch deelgeneem en het groot sukses behaal.

Die volgende leerlinge het medaljes tydens kampioenskappe ontvang:

AJ Cronje

silwer medalje vir “grappeling”

Nathan Cronje

silwer medalje vir “grappeling”

Darius Els

silwer medalje vir “grappeling”

Arné Oosthuizen

silwer medalje vir “continuous fighting”

Frederik Steynberg

silwer medalje in “high kick” met ‘n hoogte van 1.75m

Gerrit Jordaan

brons vir “MMA light”

silwer vir “grappeling”

Zaskia Erasmus

goue medaljie in “Points Fighting”

Hierdie studente het ‘n helder toekoms in gemengde gevegkuns! Ons sien uit na nog vele prestasies in toekomstige kompetisies.

 

Foto

Agter:  Gerrit Jordaan, Nathan Cronje, AJ Cronje, Frederik Steynberg

Voor: Arné Oosthuizen, Darius Els, Zaskia Erasmus

Die jaarlikse Driehoekige sportdag het gister, 3 Junie 2023, by Laer Volkskool plaasgevind. Laer Volkskool, Karel Theron, Niko Brummer (Beaufort-wes) en Beaufort-wes Voorbereidingskool het aan hierdie sportdag deelgeneem. Baie dankie aan almal wat gehelp het om van dié sportdag ‘n sukses te maak.

Die tellings is soos volg:

NETBAL

o.7

wen Beauford-wes Voorbereiding 11 – 0

wen Karel Theron 3 – 2

o.8

wen Beaufort-wes Voorbereiding 4 – 0

wen Karel Theron 8 – 0

o.9

wen Beaufort-wes Voorbereiding 13 – 0

wen Karel Theron 6 – 1

o.10

wen Niko Brummer 8 – 1

verloor Karel Theron 3 – 6

o.11

wen Nico Brummer 9 – 1

verloor Karel Theron 1 – 11

o.13B

verloor Nico Brummer 0 – 21

verloor Karel Theron 3 – 9

o.13A

verloor Niko Brummer 9 – 15

Karel Theron 12 – 14

RUGBY

o.7

verloor Karel Theron 10 – 25

verloor Beaufort-wes Voorbereiding 0 – 30

o.11A

wen Karel Theron 33 – 0

wen Niko Brummer 55 – 0

o.13A

wen Karel Theron 43 – 7

wen Niko Brummer 56 – 5