Gideon Viljoen het die afgelope naweek van 1 en 2 September 2023 aan Upington se jaarlikse streekskou deelgeneem. Hy het pragtige presteer en behaal 4 eerste plekke in die volgende afdelings:

Stap/draf kinderryperd 8 jaar en onder

Stap/draf 10 jaar en onder – Natuurlike maanhare en stert

Stap/draf ruiter 8 jaar en onder – Ruiterkuns

Stap/draf ruiter 10 jaar en onder – Ruiterkuns

Baie geluk, Gideon. Ons is trots op jou!

Op 24 Augustus het 21 leerlinge van Laer Volkskool aan die SANLAM WOW-Spelfees Distrik Kompetisie deelgeneem wat by Graaff-Reinet Primêr plaasgevind het.  Dit was heerlik om weer aan hierdie kompetisie te kon deelneem na Covid.

Tien van Laer Volkskool se leerlinge het Saterdag, 02 September 2023, aan WOW-Spelfees se Provinsiale Kompetisie in Gqeberha deelgeneem.

Baie geluk aan Franco Wolfaardt (graad 2) wat ń 2de plek behaal het. Hy gaan 7 Oktober 2023 aan die Nasionale Kompetisie in Stellenbosch deelneem. Sterkte, Franco. Ons is baie trots op jou! Dis ń pragtige prestasie.

Die leerlinge wat aan die Provinsiale Kompetisie deelgeneem het is:

GRAAD 1

Katrien Botha

Hele Osche

Wian Hayward

GRAAD 2

Franco Wolfaardt

Yashton Green

GRAAD 3

WJ Hayward

Gustav Vermeulen

GRAAD 4

Hermius Botha

GRAAD 5

Margite van der Merwe

Janco van den Berg

Foto:

VOOR: Bea van Wyk, Wian Hayward, Yashton Green, Katrien Botha, Elmaré Naudé, Helé Osche

MIDDEL: Daneill du Plessis, WJ Hayward, Silki Baartman, Janco van den Berg, Franco Wolfaardt, Hermius Botha

AGTER: PW Badenhorst, Eben Lotter, Janneke Conradie, Hestri Pearson, Zoë Putter, Nelé Wolfaardt, Gustav Vermeulen

AFWESIG:  Margite van der Merwe, Gift Pieterse

Vier Laer Volkskool leerlinge van Chinelle School of Dance, het die afgelope week vanaf 21 tot 26 Augustus 2023 aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival deelgeneem.

Hierdie jaar was dit die 42ste weergawe van die Nelson Mandela Bay Dance Festival en vir die afgelope 30 jaar was Chinelle School of Dance bevoorreg gewees om daaraan te kan deelneem.

Daar was meer as 1319 optredes van 23 dans ateljees uit die Oos-Kaap sowel as die Wes – Kaap.

Dié kunstefees stel ‘n platvorm vir dansers om hul talente op die verhoog ten toon te stel.

Die dansers was hierdie jaar beoordeel deur die internationale dans choreograaf, Desiree Green-Demianenko. Desiree het ‘n indrukwekkende CV met uitgebreide opleiding en ondervinding in ‘n geinspireerde diversiteit van verskillende dans genres.

Ons is baie trots op die volgende dansers wat deel was van hierdie uitsonderlike kunstefees:

Monique Nell

2 Silwer in Ballet Duet

2 Silwer in Modern Group & Duet

2 Silwer in Tap Solo

Christi Schutte

2 Silwer in Modern Group

Annabelle Kruger

2 Silwer in Modern Group

2 Silwer in Tap Group

Gina Botes

2 Silwer in Ballet solo

Die volgende dansers het Donderdag, 24 Augutstus 2023, aan die Eidsteddfod wat by Union plaasgevind het, deelgeneem.

Hulle pragtige prestasies is as volg:

MONIQUE NELL

Modern – Silwer

Ballet – Goud

Tap – Dubbel goud

CHRISTI SCHUTTE

Modern – Silwer

ANNABELLE KRUGER

Modern – Silwer

Tap – Silwer

GINA BOTES

Ballet – Goud

Donderdag, 24 Augustus 2023, het 11 musiekleerlinge van Trudine Vos van die Middel-C Musiekakademie aan ‘n Eisteddfod by Union deelgeneem.

Die leerlinge het die volgende pragtige prestasies behaal.

 

DUBBEL GOUD

Hugo Lambrechts: Klavier

GOUD

Karien Swiegers: Klavier

Dante Dercksen: Klavier

Janneke Conradie: Klavier

Matté van der Merwe: Klavier

SILWER

André Wolfaardt: Klavier

Margite van der Merwe: Klavier

Ilana Verwey: Klavier

 

EISTEDDFODD

Die volgende leerlinge het ook Donderdag, 24 Augustus 2023, aan die Eisteddfodd deelgeneem.

Bea en Reine van Wyk het ook aan die kuns-afdeling deelgeneem.

Die musiekleerlinge neem by Sanette Brink en Zelda Oosthuizen musiek.

Die leerlinge het die volgende pragtige prestasies behaal:

Lillah Delport

Ballet: silwer

Bea van Wyk

Ballet: silwer

Klavier solo: goud

Klavier duet: goud (saam met Zelda Oosthuizen)

Kuns: verf – silwer

Kuns: ‘mixed media’ brons

Musiek juffrou: Zelda Oosthuizen

Reine van Wyk

Kuns – ‘mixed media’: goud

Kuns – potloodskets: goud

Beulah Nel

Klavier: 2 goud en 1 silwer

Musiek juffrou: Sanette Brink

Mia Troskie

Klavier: 1 goud en 1 silwer

Musiek juffrou: Sanette Brink

 

Foto

Agter: Dante Dercksen, Hugo Lambrechts, Trudine Vos

Middel:  Janneke Conradie, Margite van der Merwe, Matté van der Merwe, André Wolfaardt, Karien Swiegers

Voor:  Mia Trosky, Ilana Verwey, Bea van Wyk, Bealah Nel

Wat ‘n wonderlik ervaring vir LVS se koor en musiekleerlinge!

Die junior koor onder leiding van Trudine Vos en begelei deur tannie Adeleen Nel, het ‘n uitstaande vertoning gelewer!

Hulle ontvang vir 3 liedere elk ‘n dubbel-goud sertifikate.

LVS Musiekleerlinge waarvan 11 studente van Trudine Vos van die Middel-C Musiekakademie en 3 leerlinge van Sanet Brink en Zelda Oosthuizen het ook deelgeneem.

Spesiale melding moet gemaak word van Hugo Lambrechts wat dubbel-goud verdien vir sy klavier uitvoering. Voorwaar ‘n pragtige prestasie!

LVS is baie trots op elkeen van die leerlinge en sê spesiaal dankie aan Middel-C Musiekakademie wat die skoolkoor afrig, sowel as Union High School vir die aanbied van ‘n puik geleentheid.