Donderdag, 24 Augustus 2023, het 11 musiekleerlinge van Trudine Vos van die Middel-C Musiekakademie aan ‘n Eisteddfod by Union deelgeneem.

Die leerlinge het die volgende pragtige prestasies behaal.

 

DUBBEL GOUD

Hugo Lambrechts: Klavier

GOUD

Karien Swiegers: Klavier

Dante Dercksen: Klavier

Janneke Conradie: Klavier

Matté van der Merwe: Klavier

SILWER

André Wolfaardt: Klavier

Margite van der Merwe: Klavier

Ilana Verwey: Klavier

 

EISTEDDFODD

Die volgende leerlinge het ook Donderdag, 24 Augustus 2023, aan die Eisteddfodd deelgeneem.

Bea en Reine van Wyk het ook aan die kuns-afdeling deelgeneem.

Die musiekleerlinge neem by Sanette Brink en Zelda Oosthuizen musiek.

Die leerlinge het die volgende pragtige prestasies behaal:

Lillah Delport

Ballet: silwer

Bea van Wyk

Ballet: silwer

Klavier solo: goud

Klavier duet: goud (saam met Zelda Oosthuizen)

Kuns: verf – silwer

Kuns: ‘mixed media’ brons

Musiek juffrou: Zelda Oosthuizen

Reine van Wyk

Kuns – ‘mixed media’: goud

Kuns – potloodskets: goud

Beulah Nel

Klavier: 2 goud en 1 silwer

Musiek juffrou: Sanette Brink

Mia Troskie

Klavier: 1 goud en 1 silwer

Musiek juffrou: Sanette Brink

 

Foto

Agter: Dante Dercksen, Hugo Lambrechts, Trudine Vos

Middel:  Janneke Conradie, Margite van der Merwe, Matté van der Merwe, André Wolfaardt, Karien Swiegers

Voor:  Mia Trosky, Ilana Verwey, Bea van Wyk, Bealah Nel

Wat ‘n wonderlik ervaring vir LVS se koor en musiekleerlinge!

Die junior koor onder leiding van Trudine Vos en begelei deur tannie Adeleen Nel, het ‘n uitstaande vertoning gelewer!

Hulle ontvang vir 3 liedere elk ‘n dubbel-goud sertifikate.

LVS Musiekleerlinge waarvan 11 studente van Trudine Vos van die Middel-C Musiekakademie en 3 leerlinge van Sanet Brink en Zelda Oosthuizen het ook deelgeneem.

Spesiale melding moet gemaak word van Hugo Lambrechts wat dubbel-goud verdien vir sy klavier uitvoering. Voorwaar ‘n pragtige prestasie!

LVS is baie trots op elkeen van die leerlinge en sê spesiaal dankie aan Middel-C Musiekakademie wat die skoolkoor afrig, sowel as Union High School vir die aanbied van ‘n puik geleentheid.

Die o.10 en eerstespan tennisseuns en -dogters het gister, 15 Augustus 2023, teen Laerskool Cradock gespeel. Die wedstryde het in Cradock plaasgevind.

Die tellings is as volg:

SEUNS

o.10’s

Enkels 1 – 1 (gelykop)

Dubbels 0 – 1 (verloor)

Top 8

Enkels 1 – 7 (verloor)

Dubbels 0 – 4 (verloor)

DOGTERS

o.10’s

Enkels 1 – 1 (gelykop)

Dubbels 1 – 1 (gelykop)

Top 8

Enkels 0 – 8 (verloor)

Dubbels 0 – 4 (verloor)

Laer Volkskool het op 15 Augustus 2023 hul skaakvernuf uitstekend ten toon gestel toe hulle oortuigend met 21 teenoor 12 gewen het teen Laerskool Cradock.

Baie geluk aan al die skaakspelers. Trots op julle!

Die volgende tennisspelers het Saterdag, 12 Augustus 2023, aan ‘n tennisfees in Cradock deelgeneem.

Hulle het die volgende plekke behaal:

 

o.10 dogters

Nelé Wolfaardt – 1ste plek

o.10 seuns

Ian Maré – 1ste plek

Hermius Botha – 2de plek

Baie geluk aan hierdie tennisspelers. Ons is trots op julle

Saterdag, 12 Augustus 2023, het die laaste boogskiet kompetisie vir die jaar teen ander skole en klubs van die Oos-Kaap by Daniël Pienaar in Uitenhage plaasgevind.

‘n Totaal van 82 skuts het teen mekaar meegeding in die Oos-Kaap Kampioenskappe vir ‘n plek in die Oos-Kaap span. Daar is in die Bull’s Eye (BE) en 2D gekompeteer. Dit was nogal ‘n nuutjie om van 3D na 2D te verander, maar ook hier het die skuts bewys dat hulle hulle nie sommer so van stryk sal laat bring deur verandering nie.

Baie geluk aan Conrad Kleyn, Eben Lötter en Helen Grobbelaar wat hulle OP-kleure verwerf het en gedurende die vakansie aan die Nasionale kompetisie in Gauteng gaan deelneem. Welgedaan aan al drie van julle! Ons is trots op julle!

Die volgende skuts het medaljes ontvang:

Layla de Beer

2D – brons

Eben Lötter

2D – brons

Bull’s Eye – goud

Helen Grobbelaar

Bull’s Eye – brons

Conrad Kleyn

Bull’s Eye – brons

Dit was vandag ‘n goeie dag vir Laer Volkskool se hokkiedogters wat teen Gill in Somerset-Oos gaan speel het.
Die tellings is as volg:
o.7B wen 2 – 0
o.7A wen 2 – 0
o.8B wen 4 – 0
o.8A wen 13 – 0
o.9A wen 4 – 0
o.13B wen 6 – 0
o.13 wen 6 – 0

NETBAL
Ancois Viljoen het haar erekleure ontvang vir haar deelname in die OP o.12-span wat gedurende die vakansie aan ‘n toernooi in Boksburg deelgeneem het.
Baie geluk Ancois. Ons is trots op jou!

HOKKIE
Deidré Alberts het haar half-erekleure ontvang vir haar deelname in die OP o.13B-span wat gedurende die vakansie aan ‘n toernooi in die Paarl deelgeneem het.
Baie geluk Deidré. Trots op jou!