Op Donderdag, 23 Februarie 2023, het 13 van Laer Volkskool se atlete aan die Sarah Baartman Atletiek-kampioenskappe in PE deelgeneem. Baie geluk aan elke atleet wat deelgeneem het. Julle het ons baie trots gemaak.

Die uitslae is as volg:

o.10

Janike van Zyl – 1ste in 80m en 3de in 100m

Marco Terblanche – 4de in gewigstoot

o.11

JP Lombard – 3de in verspring

Samuel Pearson – 3de in gewigstoot

Janneke Conradie – 5de in verspring

o.12

Karien Swiegers – 3de in gewigstoot en 3de in hoogspring

Lillah Viljoen – 6de in hoogspring

Angela Vorster – 8ste in 150m

Lee Jon Blignaut – 2de in 150m en 3de in 100m

o.13

Deidre Alberts – 3de in 200m

AW Lambrechts – 2de in gewigstoot, 8ste in 200m en 4de in 100m

Tristan Lodewyk – 4de in 200m en 5de in hoogspring

Hestri Pearson – 7de in gewigstoot

 

Foto

Agter: Marco Terblanche, Tristan Lodewyk, AW Lambrechts, Karien Swiegers, Angela Vorster, Jannike van Zyl

Voor: Hestri Pearson, Samuel Pearson, Deidre Alberts, JP Lombard, Janneke Conradie, Lee Jon Blignaut

Afwesig: Lillah Viljoen

Die volgende leerders is vir die Synergy Cup-span gekies wat vanaf 24 tot 25 Februarie 2023 in Kimberley gaan deelneem.

o.11 Seuns

Izak Naude

o.11 Dogters

Nele Wolfaardt

o.12 Dogters

Ancois Viljoen

Dante Dercksen

o.13 Seuns

AW Lambrechts

o.13 Dogters

Mynette Viljoen

Johan Viljoen is gekies vir die o,13 Elephantspan.

Baie geluk aan al hierdie leerders. Trots op julle.

Laer Volkskool het Woensdag, 15 Februarie 2023, ‘n uitstappie onderneem na Cradock vir die jaarlikse atletiekbyeenkoms van ons o.7, o.8 en o.9 atlete. (Hierdie atlete was in die top drie ná die kleure-atletiek.)

Ongelukkig is die byeenkoms vroeg gestop as gevolg van reën en weerlig. Die 60m uitdunne het wel plaasgevind, maar die 80m moes gekanselleer word. Daar is ook nie finale gehardloop nie.

Al was almal nat en koud, was dit steeds ‘n genotvolle uitstappie en die bus moes natuurlik eers stop vir lekker warm kos.

Maandag, 13 Februarie 2023, het Laer Volkskool se ‘n vriendskaplike wedstryd teen Union gespeel. Dit was ‘n heerlike dag vir tennis. Dankie aan elke speler se gesindheid op die tennisbaan.

Die uitslae is soos volg:

Eerstespan seuns verloor 3 – 6

Eerstespan meisies verloor 1 – 8

o.10 seuns wen 8 – 1

o.10 meisies verloor 3 – 5

Hierdie jaar se interskolegala is gehou by Union High School se splinternuwe buitelug swembad.

Volkskool se gees was aansteeklik met ‘n hele klomp Volkskool leerders wat die swemmers kom ondersteun het en liedjies gesing het.

Laer Volkskool se swemmers het sewe rekords laat spat:

JJ van Schalkwyk het 3 rekords gebreek (vryslag, rugslag en borsslag vir seuns o.8)

Zenicke van Schalkwyk het 4 rekords gebreek (wisselslag, vryslag, borsslag en rugslag vir dogters o.12)

Ons swemmers het hulle bes gelewer, maar ongelukkig het Union hierdie jaar koning gekraai!

Volkskool is hartlik ontvang met ‘n pragtige koekie vir elke swemmer. Baie dankie aan Union High vir ‘n heerlike gala.

Foto’s:

Gideon van der Mescht

Mariette Burger.

Drie van ons leerders het uistekende prestasies tydens afsonderlike tweekamp kompetisies presteer.

Elmaré Naudé het op 4 Februarie 2023 die Oostelike Provinsie verteenwoordig en ‘n tweede plek vir dogters o.9 behaal tydens die Highgate Interprovinsiale Tweekamp byeenkoms te Oudtshoorn.

Ancois Viljoen en JJ van Schalkwyk het op 12 Februarie 2023 aan die Oos-Kaap Tweekamp Kampioenskappe in PE gaan deelneem. Ancois behaal ‘n algehele 2de plek in die afdeling vir dogters o.13.

JJ behaal ‘n eerste plek in die afdeling vir seuns o.9.

Baie geluk aan al drie tweekamp-atlete. Julle maak ons baie trots!

Foto:

Agter: Ancois Viljoen

Voor: JJ van Schalkwyk, Elmaré Naudé

Tydens Valentynsdag kon die leerlinge vandag met wit, pienk en rooi klere skool toe kom om die dag van liefde te vier.

Die OOV-Mammas het vandag ook heerlike oliebolle verkoop. Baie dankie aan al die ma’s wat tydens pouse gehelp het.

Die prefekte van 2023 het ook ‘n kompetisie gehou waar leerling R5 kon betaal om te raai hoeveel hartjie-lekkers daar in die pot is. Helgard van Wyk het die naaste reg geraai en die pot met al die lekkertjies in gewen.  Daar was 426 lekkertjies in en Helgard se raaiskoot was 421.

Laer Volkskool se skaakspelers het op 7 Februarie 2023 wedstryde teen Gill gespeel.

Die uitslae is as volg:

LVS Wen 7

LVS Verloor 19

LVS speel Gelykop 4

 

Ons is trots op julle!