Saterdag, 24 Februarie 2024, het Helen, Eben, Christiaan en Erhardt aan Hoër Volkskool se klub kompetisie deelgeneem.
Hulle uitslae is as volg:
Christiaan Marais
Brons – 161/300
Helen Grobbelaar
Silwer – 221/300
Silwer – 244/300
Eben Lötter
Silwer – 221/300
Goud – 230/300
Erhardt Grobbelaar
Goud – 221/300
Silwer – 200/300
Die afgelope naweek het Dante Dercksen aan ń Eden Mini Tennistoernooi gaan deelneem.
Dante het ń suksesvolle dag op die tennisbaan beleef. Sy en haar dubbelsmaat wen die o.14 dubbels afdeling.
Baie geluk, Dante. Trots op jou!
Op Woensdag, 21 Februarie, het Laer Volkskool se swemspan aan die Karoogala deelgeneem te Hoër Volkskool.
Ons is trots om aan te kondig dat Laer Volkskool die wenners was van hierdie gala met 408 punte. Union High was in die tweede plek met 346 punte. Gill het die derde plek behaal met Cradock en die tuisskool swemmers kort op hul hakke.
Baie geluk aan elke swemmer wat deelgeneem het en ons skool se naam hoog gehou het.
Ons sien uit na die aankondiging van die Interdistriktespan wat in Grahamstad gaan deelneem op 5 Maart 2024.
Dankie aan mnr. Gideon van der Mescht vir die mooi foto’s.
Laer Volkskool het vandag, 23 Februarie 2023, ‘n Plakkiedag ten bate van CHOC, Childhood Cancer Foundation of South Africa, gehou.
Dankie aan elke leerder wat plakkies aangetrek het om dié organisasie te ondersteun. Julle maak ons trots om ‘n Volksie te te wees.
Dinsdag, 20 Februarie 2024, het ons krieketspanne teen Karel Theron gaan speel. Die wedstryde het in Middelburg plaasgevind.
Die seuns het pragtige krieket gespeel en het baie goed gedoen.
Die tellings is as volg:
o.7 wen met 13 lopies
o.8 wen met 36 lopies
o.9 wen met 80 lopies
o.11 wen met 10 paaltjie
o.13 wen met 9 paaltjies
Op 16 Februarie 2024 het ons o.11-krieketseuns teen Frans Conradie op Laer Volkskool se veld wedstryd gespeel.
Dit was ń heerlike dag van krieket, maar ongelukkig verloor ons die wedstryd aan die einde van die dag met 7 paaltjies.
Saterdag, 17 Februarie 2024, het die o.8- en o.9-krieketseuns aan Cradock Voorbereidingskool se Mini-Kriekettoernooi deelgeneem.
Die seuns het baie goed gevaar en hulle tellings is as volg:
O.9-krieketspan
Wen Cradock met 36 lopies
Wen Gill met 8 lopies
Wen Carinus met 10 lopies
O.8-krieketspan
Wen Karel Theron met 6 lopies
Wen Union met 19 lopies
Wen Fort Beaufort met 36 lopies
Ons is baie trots op 2 van ons atlete, Angela Vorster en Jarrod Gerber, wat opgeneem is in die Sarah Baartman Atletiekspan.
Angela Vorster – Verspring
Jarrod Gerber – 800m en 1500m
Hierdie twee atlete gaan op 5 en 6 Maart 2024 die Sarah Baartman-span by die Oos-Kaap Atletiek Kampioenskappe verteenwoordig. Ons hou duimvas en weet julle sal ons trots maak. Welgedaan!