Hier is ons amptelike Eeufees-logo vir 2022!

Hoër en Laer Volkskool is al reeds besig met die reëlings vir hierdie spesiale jaar.

In 2021 gaan daar hard gewerk word aan die Eeufees gedenkboek wat in 2022 gepubliseer word. Onthou asseblief dat elke jaar se matriekklas vir ons foto’s, inligting en staaltjies moet instuur. Alle bydraes kan per e-pos aan volksies@hvsgrt.org.za gestuur word.

Baie dankie aan Santa Müller wat die logo ontwerp het. Dankie ook aan Cindy Marincowitch vir jou bydrae.

Die onderwysers by Laer Volkskool is weer terug by die skool en daar is ook twee nuwe gesigte by.

Juffrou Lauren Curtain is in die Graad 3 pos aangestel.  Sy het een jaar sielkunde by Kovsies gestudeer en toe oorgeslaan onderwys toe waar sy haar B.Ed Grondslagfase graad voltooi het. Sy kom oorspronklik van PE af en dit was nog altyd haar droom om ‘n onderwyseres te word.

Juffrou Erisca Marais is in die Graad 5 pos aangestel.  Sy was in Burgersdorp op skool en het daarna haar 4 jaar B.Ed Intermediêre- en Senior Fase deur UNISA gestudeer terwyl sy ‘n student-onderwyseres by Laerskool Aliwal-Noord was.  Daar was sy betrokke by hokkie, tennis, die leerlingraad, redenaars, landsdiens en die OOV.

Baie welkom aan hierdie twee jong onderwyseresse.  Ons hoop julle geniet dit hier by ons.

Die Departement van Onderwys het 2 EA’s en 3 GA’s aan Laer Volkskool gegee om uit te help in die klasse en met sanitasie. Die twee EA’s wat in die klasse gaan uithelp is mej. Natasha Plaatjies en mej. Lizaan Reid. Die drie GA’s wat die skool gaan help met sanitasie is mnr. Wayne Dampies, mej. Randy Williams en mnr. Zinzan Carolus. Ons heet hierdie 5 nuwe personeel welkom by Laer Volkskool.