ATLETIEK (VELDITEMS) Woensdag, 26 Januarie 2022, kon ons vir die eerste keer in twee jaar weer aan velditems deelneem. Dit was ‘n heerlike dag van atletiek. Dankie aan elke leerling wat deelgeneem het. ATLETIEK (BAANITEMS) Donderdag, 27 Januarie 2022, was ons bevoorreg om weer ‘n “normale” atletiekdag te hou waar die atlete aan baanitems…
Lees meerSakresies, eier-gooi en waatlemoen! Dit is ‘n resep vir ‘n heerlike Landsdiensmiddag. Op 31 Januarie het die Karoo-Volksies op die rugbyveld bymekaar gekom om Landsdiens af te skop. Die leerders was in vier groepe verdeel waar hulle aan verskeie boeresportspeletjies deelgeneem het. Hulle het mekaar aangemoedig by die “chieng-chong-cha” en lekker gelag toe die vier…
Lees meerDrie van Laer Volkskool se leerlinge het die afgelope naweek aan die tweekamp liga deelgeneem wat aangebied is te Graaff-Reinet. Hulle uitslae is soos volg: Ancois Viljoen – 5de plek (o.13) Janco van den Berg – 9de plek (o.11) JJ van Schalkwyk – 1 ste plek (o.8) Baie geluk! Ons is trots op julle!
Lees meerDie nuwe groep Graad 1’s van Laer Volkskool was opgewonde op hul eerste amptelike skooldag. As daar enige vrese by die nuwe Graad 1’s was, is dit vinnig uit die weg geruim toe die vriendelike personeel die ouers en kinders op die eerste amptelike dag van die nuwe skooljaar verwelkom het. 𝗠𝗮𝗴 𝗷𝘂𝗹𝗹𝗲 𝗻𝗶𝗸𝘀 𝘃𝗿𝗲𝗲𝘀…
Lees meerVanaf 21 – 23 Januarie het ons leerlingraadslede vertrek op hul jaarlikse leerlingraadskamp te Skietfontein. Hier het die leerlinge meer van mekaar en van hulself geleer. Oom Jannie en sy span het gehelp met die ontwikkeling van leierseienskappe en die leerlinge aangemoedig om as ‘n span saam te werk. Hulle het hindernisbane oorwin, hoogtes bereik…
Lees meerDinsdag, 18 Januarie 2021, was ‘n dag vol opwinding en bietjie senuwees toe die graad 1-klas van 2022 opgedaag het vir ‘n Orienteringsdag. Elke graad 1-leerling het ‘n superheld masker ontvang toe hulle by die skool instap. Almal is daarna in die Kewertjie deur Mnr. D Joubert, die skoolhoof, en die graad 1-juffrouens, Juffrou Gerida…
Lees meerOns gelukwense aan Zenicke van Schalkwyk. Sy het Saterdag, 15 Januarie 2022, die Volksies se naam hoog gehou toe sy die Nelson Mandela Baai Aquatics swemspan verteenwoordig het by ‘n Interdistrikte gala en ‘n bronsmedalje in die 100m rugslag verower. Sy het ook aan die OP Kampioenskappe deelgeneem waar sy silwer medaljes in die 100m…
Lees meerDie volgende leerlinge wat deel is van Karoo Gimnastics, het op 19 Oktober 2021 aan n Virtuele Gimnastiek Kompetisie deelgeneem: Goud Elrie Pretorius PG Lambrecht Silwer Kate Pieterse Brons Bea van Wyk Mia Troskie Ane Troskie Haley Mostert Sky Mostert Jani Pretorius Lila Delport Baie geluk aan al die gimnaste. Ons is trots op julle!…
Lees meer