Swem

Carlien Oosthuizen en Zenicke van Schalkwyk het Saterdag, 23 Oktober 2021, die stormweer in Grahamstad gaan trotseer waar hulle aan die ECA Kortbad Kampioenskappe deelgeneem het. Die dogters het pragtig presteer en twee silwer medaljes teruggebring Karoo toe. Knapgedaan!

Lees meer

Tennis

Die afgelope naweek, 29/30  Oktober 2021, het Laer Volkskool se eerste en tweede seunsspanne en die eerste dogterspan deelgeneem aan die negende Jocelyn Marais Tennistoernooi. Skole van so ver as Stellenbosch en Oos-Londen  het aan die toernooi deelgeneem.  Ons spanne het uitstekende tennis gespeel en ons is baie trots op hulle.  Die eerste seunsspan eindig…

Lees meer

Kankerbewusmaking

Op Vrydag, 29 Oktober 2021, het Laer Volkskool se leerlinge pienk aangetrek vir kankerbewusmaking. Hulle was aangemoedig om ‘n R5 saam te bring skool toe en dan pienk aan te trek. Die geld word aan ‘n plaaslike kankervereniging geskenk. Dankie vir elkeen wat deelgeneem het en pienk aangetrek het. Julle het baie mooi in pienk…

Lees meer

Perdry

Marli Fourie het verlede naweek, 22 en 23 Oktober 2021, aan die Cradock skou deelgeneem. Haar uitslae is as volg: 1ste in die 5-gang plesierperd 0/14 2de in die 3-gang plesierperd 0/14 3de in die 3-gang plesierperd ruiterkuns 0/18 Groot kampioen 5-gang plesierperd Baie goed gedoen, Marli. Trots op jou.

Lees meer

Welkom Mnr Maree

Laer Volkskool verwelkom mnr. Pierre Maree wat aan die begin van die vierde kwartaal by ons aangesluit het. Hy kom oorspronklik van Randfontein, Gauteng, af. Dit was van kleintyd ‘n droom van hom om eendag ‘n onderwyser te word. Hy het’ n groot passie vir sport veral rugby en krieket. Hy het ook die voorreg…

Lees meer

Gr1 tot Gr12

‘n Trotse oomblik… Laer Volkskool het Donderdag, 14 Oktober 2021, die matrieks van Hoër Volkskool sterkte toegewens met die eksamen asook met hul toekomspad. Ons Graad 1’s moes letterlik opkyk na die matrieks! Dis ‘n einde van ‘n era, maar weer die begin van ‘n nuwe avontuur.

Lees meer

Perdry

Marli Fourie het Vrydag en Saterdag, 8 en 9 Oktober 2021, aan n skou op Somerset-Oos deelgeneem. Daar het sy aan 2 afdelings, 3 gang en 5 gang, deelgeneem. Sy behaal 4 eerste plekke tussen ruiters baie ouer as sy. Eerste in die 3 gang plesierperd ruiters 14 jaar en jonger. Eerste in die 3…

Lees meer

Swem

Carlien Oosthuizen en Zenicke van Schalkwyk het tydens die afgelope vakansie aan die Freda Barnard Gala in Oudtshoorn deelgeneem. Beide dogters het hul swem tye baie mooi verbeter. Zenicke het twee goue medaljes en een brons medalje verower. Ons is trots op ons swemmers!

Lees meer