Koshuis - Huis Eybers
Huis
Eybers is ons inwonende leerlinge se tweede "huis" en daarom word dit so
huislik moontlik ingerig. Die hoogste prioriteit van die personeel is die
geluk, veiligheid en behoorlike versorging van elke kind. Die
koshuispersoneel is 'n vennoot in die opvoeding van die kind en daar word
gepoog om elke kind met liefde te ondersteun en te begelei.
Elkeen van die sowat 62 inwoners van Huis Eybers word met groot
toewyding versorg. Menige keer is kinders se gelukkigste herrinnering
aan hulle tydperk by Volksies die tyd in die koshuis. Met maatjies om
van te kies en te keur en vriendelike voog ouers is die koshuis lewe
prêt! Die etes is besonders goed en koshuiskinders eet gesond en lekker.
Dissipline word met liefde en geduld uitgeoefen. Erkenning vir goeie
gedrag en prestasie word met groot basuin en trots gegee. Daar is altyd
'n sagte skouer om op troos te soek. Ons koshuis kinders is 'n integrale
deel van die skool en word geleentheid gebied om uit te blink op elke
gebied.
Kyk gerus wat Huis Eybers, koshuis van Laer Volkskool u kind bied.