Sport
Volkskool
kan met reg trots wees op al sy sportsterre. Die skool gee self afrigting
in die volgende sportsoorte en bied dus heelwat opsies aan opkomende
sportpresteerders.
·
Rugby
·
Krieket
·
Netbal
·
Tennis
·
Hokkie
·
Atletiek- baan en veld nommers
·
Swem
Ander sportsoorte
waaraan ons kinders deelneem:
·
Perdry
·
Ballet
·
Gimnastiek
·
Muurbal
·
Dans
·
Landloop
· Tweekamp
·
Skiet
Daar
heers altyd groot entoesiasme vir die jaarlikse interhuis atletiek en
swemgala waar die kinders geleentheid kry om hul staal te wys. Deur die
jaar word daar gereeld meegeding teen ander skole in somer en
wintersportsoorte. Voorwaar 'n heerlike, vol program met heelwat
uitdagings.
Ons skool het al menigte provinsiale en selfs
nasionale sterre opgelewer. Tog is die wen motief nie primer by ons nie.
Die personeel van
Laer Volkskool glo dat die sportveld die ideale plek is vir die
onderwyser om sy opvoedingstaak te kan voortsit. Ons streef daarna om
kinders lief te maak vir sport en ons glo verder dat die kind in die
primêre skool die geleentheid gebied moet word om aan so veel as
moontlik verskillende sportsoorte deel te neem. By Laer Volkskool is ons
meer ingestel op leerlingdeelname as om te wen.