Nuusberigte / Spogblad
Onlangse nuusberigte - vir meer berigte klik op die skakels onder Nuusberigte - Kwartaal.
Onlangse nuusberigte - vir meer berigte klik op die skakels onder Nuusberigte - Kwartaal.
Kopiereg © 2016 - Alle Regte Voorbehou - Laer Volkskool Graaff-Reinet
Baie geluk aan Zanri Groenewald wat opgeneem is in die OP o.13B-hokkiespan. Sy neem 30 Junie tot 4 Julie 2019 aan ‘n toernooi deel in die Paarl. Sy verdien ook haar half-erekleure vir hierdie prestasie. Baie geluk, Zanri.
Nina Loots is ‘n nie-reisende reserwe vir die OP o.12 span. Baie geluk, Nina!
Die o.13A netbalspan het op 18 Mei 2019 deelgeneem aan die Sunridge Netbaltoernooi in PE. Twintig spanne het aan die toernooi deelgeneem. Na die eerste drie wedstryde gaan die top 8 skole deur na die volgende rondte.
LVS wen Walmer West 5 - 0
LVS verloor Kabegapark 3 - 4
LVS wen Pellsrus 7 - 5
Laer Volkskool eindig hier sesde uit die twintig skole en speel dus in die volgende rondte. In hierdie rondte speel ons teen Sonop wat in die 3de posisie geplaas is en speel gelykop 4 elk. Die span wat die laaste doel aanteken, gaan met 'n gelykop-uitslag deur na die volgende rondte.
So eindig Laer Volkskool in die semi-finaal teen Tjaart van der Walt. Ons wen die wedstryd 2 - 1.
Daarna speel ons in die finaal teen Sunridge wat ons 14 - 0 verloor. Laer Volkskool eindig dus tweede uit twintig skole en is die silwer medalje wenners. Voorwaar 'n puik prestasie.
Jaydene Vaaltyn word ook aangewys as die beste o.13-verdedigende speler van die dag. Hiervoor onvang sy 'n trofee.
Baie dankie aan elke speler wat ten spyte van beserings en siekte hulle beste gegee het. Met baie moeë en seer lywe maar gelukkige harte keer die sewe meisies laat Saterdagaand terug huistoe.
Op 18 April 2019 het ons weer ons jaarlikse Oupa en Oumadag gehou. Dit was 'n heerlike dag waar oumas en oupas lekker saam met hulle kleinkinders kon kuier. Daar was 'n paar leerders wat gediggies opgesê het en die graad 1's het twee items gelewer. Dankie aan al ons OOV mamma's wat die saal so mooi opgemaak het. Dit het baie vrolik gelyk.
Anrich Nieuwoudt het aan die SA Level 2 Champs in Oos-Londen deelgeneem en pragtige uitslae behaal. Sy uitslae is as volg:
100m Vryslag - Silwer
200m Vryslag - Brons
5 Aflosse - Silwer
Saterdag, 6 Maart 2019, was dit weer tyd vir die jaarlikse level 1 Streeks Kampioenskappe Gala waar 5 van ons swemmers deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende swemmers wat geswem het. Die uitslae is as volg:
Mark Blom
Rugslag 1ste
Vryslag 1ste
Hugo Botha
Vlinderslag 2de
Borsslag 1ste
Vryslag 4de
Anishka Luiters
Borsslag 5de
Rugslag 2de
Vryslag 4de
Danel de Koker
Borsslag 18de
Elne Viljoen
Rugslag 9de
Vryslag 11de
Future Kings besoek Laer Volkskool:
Ons is bevoorreg om die Future Kings se rugby afrigters, Jaco, Reyners, Johan en Jason hier by Laer Volkskool te hê wat die naweek hier ons seuns gaan afrig.
Johan van Wyk (regs op foto) speel tans rugby vir die EP Kings.
Welkom aan Laerskool Lorraine en hul afrigters wat saam oefen die naweek.