Skoolreëls
1. SKOOL- EN KLASBYWONING
1.1 Skool- en klasbywoning is
verpligtend.
1.2 ‘n Afwesigheidsbrief moet deur ‘n ouer/voog ingedien
word om afwesigheid te motiveer. ‘n Mediese sertifikaat word na 3 dae
vereis.
1.3 Indien ‘n eksamen- of toetsvraestel nie geskryf kan word
nie moet ‘n mediese sertifikaat ingedien word. Indien nie sal die
leerder 0% kry vir die toets – of eksamenvraestel. Geen toets of eksamen
kan geskuif word nie.
1.4 Leerlinge mag nie die skoolterrein verlaat
sonder skriftelike toestemming van ‘n die skoolhoof nie.
1.5
Leerlinge wat die skoolterrein verlaat moet by die kantoor deur sy/haar
ouer/voog uitgeteken word.
1.6 Leerlinge moet betyds vir skool en
skoolaktiwiteite arriveer.
2. GEDRAG IN DIE KLASKAMER EN
SKOOL
2.1 Onvanpaste gedrag en/of ontstigtelike gedrag is
onaanvaarbaar.
2.2 Openlike diskriminasie teen enige persoon by die
skool is onaanvaarbaar.
2.3 Leerlinge mag nie betrokke raak by enige
vorm van viktimisasie nie.
2.4 Geen leerling mag deur ‘n ander
leerling gedreig word nie.
2.5 Geen leerling mag ‘n ander leerling
doelbewus beseer nie.
2.6 Leerlinge mag nie betrokke raak by enige
vorm van gedrag waardeur die veiligheid, moraal, gesondheid of welsyn
van ander leerder in gevaar gestel word nie.
2.7 Gedrag in die
klaskamer, tydens saalbyeenkomste, of enige ander area in die skool moet
sodanig wees dat die leerproses van ander leerlinge onder geen
omstandighede versteur word nie.
3. ALGEMENE KLASKAMERREËLS
3.1 Aan die begin van elke klas staan leerlinge op en groet die
personeel.
3.2 Indien ouers, ander personeel of besoekers by ‘n klas
opdaag staan leerlinge ook op om te groet.
3.3 Reageer dadelik op ‘n
opdrag.
3.4 Geen leerling praat, staan of loop rond in die klas is
nie.
3.5 Leerlinge verlaat nie ‘n klas voordat ‘n personeellid hulle
verdaag het of instruksie in die verband gegee het nie.
3.6 Indien ‘n
leerling aandag wil hê moet hy sy hand opsteek.
3.7 Alle klasopdragte
moet stiptelik en betyds voltooi word.
3.8 Elke leerling se gedrag
moet sodanig wees dat dit nie steurend is nie.
3.9 Tydens
aankondigings oor die interkom moet leerlinge stilbly en aandag gee.
4. REËLS IN DIE GANGE / STOEPE
4.1 Klaswisseling moet flink en
ordelik geskied.
4.2 Leerling loop agtermekaar en flink en vinnig.
4.3 Geen laatkommery word geduld nie.
4.4 Daar word onmiddelik op die
klokke gereageer.
4.5 Hou links by die trappe dan sal daar nie
botsings wees nie.
5. REËLS IN DIE SAAL / KEWERTJIE
5.1 Ons
skoolsaal is ons trots. Geen leerling mag binne die saal wees sonder
toesig nie.
5.2 Leerlinge mag glad nie op die verhoog of agter die
gordyne wees tensy in opdrag of onder toesig nie.
5.3 Ons stap
netjies in rye saal toe, sonder om te gesels.
6. ALGEMENE
SINDELIKHEIDSREËLS
6.1 Leerlinge moet te alle tye toesien dat hulle
skoon en netjies is.
6.2 Die skoolterrein, geboue en kleedkamers moet
skoon en netjies gehou word.
6.3 Geen leerling mag verby vullis stap
nie. Dit moet opgetel en in die naaste vullishouer geplaas word.
6.4
Die kou van kougom word nie op die skoolterrein toegelaat nie, asook nie
tydens enige skoolaktiwiteit nie.
6.5 Die skooluniform en sportdrag
soos voorgeskryf is die enigste drag wat by die skool toegelaat word.
6.6 Skooldrag moet skoon en netjies wees.
6.7 Alle besoekers en
personeel word beleefd gegroet.
6.8 Leerlinge staan/groet nie met
hande in hul sakke nie.
7. SKOOLWERK EN TUISWERK
7.1 Laer
Volkskool is ‘n opvoedkundige en akademiese instelling en daarom moet
alle akademie voorrang geniet.
7.2 Onderrigtyd moet maksimaal deur
leerlinge benut word. Selfwerksame takies, soos deur die opvoeders
verskaf, moet selfstandig voltooi word.
7.3 Projekte en take asook
enige ander opdrag met betrekking tot die akademie moet betyds
ingehandig word. Laat inhandigings sonder dat verskoning vooraf ontvang
is sal, indien punte ter sake is, gepenaliseer word.
7.4 Die volgende
akademiese wangedrag is onaanvaarbaar en strafbaar: Plagiaat; kullery;
afskrywery
8. DWELMS, ALKOHOL, ROOK, PORNOGRAFIE, OKKULTIESE
MATERIAAL ENS.
8.1 Die besit, gebruik, verkoop en verspreiding of
uitruiling van drank, sigarette, enige dwelm, pornografiese- of
okkultiese material, is ontoelaatbaar.
8.2 Die skryf van
onwelvoeglike briewe is verbode.
9. TAALGEBRUIK
9.1 Swetsende,
onsensitiewe en disrespekvolle taalgebruik sal teenoor geen persoon
toegelaat word nie.
9.2 Geen onwelvoeglike taal mag op die terrain of
in die klaskamer gebruik word nie.
10. WAPENS
10.1 Die besit
en/of gebruik van wapens, en voorwerpe of instrumente wat gebruik word
om te beseer, word nie toegelaat nie.
11. SELFONE
11.1
Leerlinge mag nie selfone skool toe bring nie. Leerlinge wat hierdie
reëling oortree se selfoon mag vir ‘n tydperk gekonfiskeer word.
11.2
Indien ‘n spesiale versoek toegestaan word mag die selfoon nie in die
klaskamer, of enige formele byeenkoms gebruik word nie.
12. REëLS
MET BETREKKING TOT KOMMUNIKASIE
12.1 Skriftelike briewe en
kennisgewings moet betyds aan ouers gegee word. Antwoordstrokies moet
betyds ingehandig word.
12.2 Die skool se telefone mag slegs in
spesiale of noodgevalle gebruik word.
12.3 Leerlinge mag nie selfone
skool toe bring nie.
13. ALGEMENE VEILIGHEID
13.1
Padveiligheidsreëls moet stiptelik deur ouers en leerlinge toegepas
word.
13.2 Skolierpatrollie lede moet gehoorsaam word.
14.
REËLS IN DIE KLEEDKAMERS
14.1 Gedurende pouses/klastyd gebruik
leerlinge die kleedkamers op ongekontroleerde basis.
14.2 Leerlinge
mag nie rond drentel by die kleedkamers nie, maar moet dadelik
terugbeweeg na die speelterrein of klas.
14.3 Die optrede van ‘n kind
binne die kleedkamers moet strook met die vereistes wat vir ons
gemeenskap aanvaarbaar is en mag nooit vir die ander leerlinge ‘n
verleentheid skep nie.
14.4 Higiëne en netheid is van die uiterste
belang, elke leerling wat die kleedkamer gebruik, het ‘n
verantwoordelikheid om dit netjies agter te laat.
15. REËLS MET
BETREKKING TOT FIETSE
15.1 Fietsry op die skoolterrein is verbode.
15.2 Sodra jy binne die skoolgronde is, moet fiets gestoot word.
15.3
Fietse moet ten alle tye gesluit gelaat word in die fietsloods.