Die onderwysers by Laer Volkskool is weer terug by die skool en daar is ook twee nuwe gesigte by.

Juffrou Lauren Curtain is in die Graad 3 pos aangestel.  Sy het een jaar sielkunde by Kovsies gestudeer en toe oorgeslaan onderwys toe waar sy haar B.Ed Grondslagfase graad voltooi het. Sy kom oorspronklik van PE af en dit was nog altyd haar droom om ‘n onderwyseres te word.

Juffrou Erisca Marais is in die Graad 5 pos aangestel.  Sy was in Burgersdorp op skool en het daarna haar 4 jaar B.Ed Intermediêre- en Senior Fase deur UNISA gestudeer terwyl sy ‘n student-onderwyseres by Laerskool Aliwal-Noord was.  Daar was sy betrokke by hokkie, tennis, die leerlingraad, redenaars, landsdiens en die OOV.

Baie welkom aan hierdie twee jong onderwyseresse.  Ons hoop julle geniet dit hier by ons.