Volkskool kan met reg trots wees op al sy sportsterre. Die skool gee self afrigting in die volgende sportsoorte en bied dus heelwat opsies aan opkomende sportpresteerders.

· Rugby

· Krieket

· Netbal

· Tennis

· Hokkie

· Atletiek- baan en veld nommers

· Swem

Ander sportsoorte waaraan ons kinders deelneem:

· Perdry

· Ballet

· Gimnastiek

· Muurbal

· Dans

· Landloop

· Tweekamp

· Skiet

Daar heers altyd groot entoesiasme vir die jaarlikse interhuis atletiek en swemgala waar die kinders geleentheid kry om hul staal te wys. Deur die jaar word daar gereeld meegeding teen ander skole in somer en wintersportsoorte. Voorwaar ‘n heerlike, vol program met heelwat uitdagings.

Ons skool het al menigte provinsiale en selfs nasionale sterre opgelewer. Tog is die wen motief nie primer by ons nie.

Die personeel van Laer Volkskool glo dat die sportveld die ideale plek is vir die onderwyser om sy opvoedingstaak te kan voortsit. Ons streef daarna om kinders lief te maak vir sport en ons glo verder dat die kind in die primêre skool die geleentheid gebied moet word om aan so veel as moontlik verskillende sportsoorte deel te neem. By Laer Volkskool is ons meer ingestel op leerlingdeelname as om te wen.