Drama

Ons het ‘n gesonde en bedrywige drama department wat vir die deelnemers leer om die verhoog ten volle te benut en met selfvertroue op tree – ‘n lewensvaardighede wat goed te pas kom in die wereld daar buite.

Landsdiens

Landsdiens is ‘n geleentheid vir ons kinders om nader aan die natuur te kom en te leer wat dit behels om ‘n goeie landsburger te wees. Hedendaagse kwessies soos die bewaring van die natuur en ons hulpbronne word vasgele en prakties uitgeleef.

Musiek

Musiek is die voedsel van die siel en by Volksies ontwikkel ons graag die kinders se sang talent. Met ‘n voortreflike kinderkoor sowel as individuele sang en clavier afrigting word ons musikante goed versorg.

Redenaars

Die vermoe om te redeneer en ‘n saak goed en deursigtig te stel is ‘n lewenskuns wat ontwikkel word deur gereelde oefening. By Volksies leer ons hoe om te dink oor ‘n saak, dit te omskryf en om met passie daaroor te debatteer.

Koor

Ons skoolkoor is ons trots en kry heelwat blootstelling deur hul deelname by ander skole en kerke. Hul optrede by die Kerssangdiens van die Moederkerk is altyd ‘n hoogtepunt.

CSV

Deelname aan die CSV, kinder en tienerkrans is vrywillig en word in groot getalle bygewoon. By Volksies is dit defnitief “cool” om jou Jesus-hempie te dra en ons doen so met trots.

Skaak