Twee van Laer Volkskool se dogters, Zenicke van Schalkwyk en Carlien Oosthuizen, het die afgelope naweek aan die SSA vlak-2 kampioenskappe deelgeneem en baie goed gevaar.

Carlien Oosthuizen het 3 silwer medaljes verower.

Zenicke van Schalkwyk het ‘n brons medalje verower.

Dit is ‘n groot prestasie! Baie geluk. Ons is baie trots op julle!

 

Foto van links

Zenicke van Schalkwyk, Carlien Oosthuizen

Op 23 Maart en 24 Maart het Laer Volkskool 4 mini atletiekbyeenkomste gehou. As gevolg van die Covid protokolle kon  geen toeskouers dit bywoon nie. Ten spyte van talle aanpassings en dat die  byeenkomste nie in  dieselfde formaat as waaraan ons gewoond was kon plaasvind nie, is ons tog dankbaar dat ons vir die atlete hierdie geleenthede kon bied.

Die atlete het gewedywer vir die gesogte eerste drie plekke van die dag.  ‘n Groot groep atlete het getrou geoefen en pragtige resultate behaal.

 

Twee van Laer Volkskool se leerders, Lozaan Kayi (Graad 4) en Chelsea Hendricks (Graad 5) het op 23 Maart 2021 aan ‘n biblioteekweek leeskompetisie deelgeneem wat by Kroonvale plaasgevind het.

Chelsea Hendricks het n eerste plek vir Afrikaans en 2de plek vir Engels behaal. Baie geluk Chelsea. Trots op jou!

 

Zenicke van Schalkwyk, ‘n leerder van Laer Volkskool, het op 6 en 7 Maart 2021 aan ‘n gala deelgeneem in Oudtshoorn. Haar uitslae was as volg:
Goud – 100m Rugslag
Goud- 50m Rugslag
Silwer – 200m Wisselslag
Brons – 100m Vryslag

Baie mooi gedoen Zenicke.  Jy maak ons almal by Laer Volkskool trots.