Die o.10 en eerstespan tennisseuns en -dogters het gister, 15 Augustus 2023, teen Laerskool Cradock gespeel. Die wedstryde het in Cradock plaasgevind.

Die tellings is as volg:

SEUNS

o.10’s

Enkels 1 – 1 (gelykop)

Dubbels 0 – 1 (verloor)

Top 8

Enkels 1 – 7 (verloor)

Dubbels 0 – 4 (verloor)

DOGTERS

o.10’s

Enkels 1 – 1 (gelykop)

Dubbels 1 – 1 (gelykop)

Top 8

Enkels 0 – 8 (verloor)

Dubbels 0 – 4 (verloor)

Laer Volkskool het op 15 Augustus 2023 hul skaakvernuf uitstekend ten toon gestel toe hulle oortuigend met 21 teenoor 12 gewen het teen Laerskool Cradock.

Baie geluk aan al die skaakspelers. Trots op julle!

Die volgende tennisspelers het Saterdag, 12 Augustus 2023, aan ‘n tennisfees in Cradock deelgeneem.

Hulle het die volgende plekke behaal:

 

o.10 dogters

Nelé Wolfaardt – 1ste plek

o.10 seuns

Ian Maré – 1ste plek

Hermius Botha – 2de plek

Baie geluk aan hierdie tennisspelers. Ons is trots op julle

Saterdag, 12 Augustus 2023, het die laaste boogskiet kompetisie vir die jaar teen ander skole en klubs van die Oos-Kaap by Daniël Pienaar in Uitenhage plaasgevind.

‘n Totaal van 82 skuts het teen mekaar meegeding in die Oos-Kaap Kampioenskappe vir ‘n plek in die Oos-Kaap span. Daar is in die Bull’s Eye (BE) en 2D gekompeteer. Dit was nogal ‘n nuutjie om van 3D na 2D te verander, maar ook hier het die skuts bewys dat hulle hulle nie sommer so van stryk sal laat bring deur verandering nie.

Baie geluk aan Conrad Kleyn, Eben Lötter en Helen Grobbelaar wat hulle OP-kleure verwerf het en gedurende die vakansie aan die Nasionale kompetisie in Gauteng gaan deelneem. Welgedaan aan al drie van julle! Ons is trots op julle!

Die volgende skuts het medaljes ontvang:

Layla de Beer

2D – brons

Eben Lötter

2D – brons

Bull’s Eye – goud

Helen Grobbelaar

Bull’s Eye – brons

Conrad Kleyn

Bull’s Eye – brons