Skoolfonds 2022

R16 000 per leerling per jaar of R1 600 per maand vir 10 maande of R4 000 per kwartaal

Koshuisgelde 2022

R23 500 eenmalig vir die jaar per leerling of

Kwartaal 1 tot 3 – R 6 400 per leerling en Kwartaal 4 – R4 300 per leerling

Die Bestuursliggaam het besluit dat skoolfonds in die toekoms net op sekere wyses betaal kan word. U moet asseblief u keuse uitoefen van hoe u u skoolfonds wil betaal en dan sal u streng by daardie reëling moet bly anders sal die BL geen ander keuse gelaat word as om die nodige stappe te neem nie.

Alle skoolfondsbetalings is vooruit betaalbaar.

Die opsies wat daar is, is as volg:

1. Jaarliks (die volle bedrag vir die jaar) voor of op die tweede Vrydag van die eerste kwartaal.

2. Kwartaalliks – Vooruit betaalbaar.

3. Maandeliks vooruit betaalbaar in 10 paaiemente wat begin op 1 Februarie en eindig op 1 November van elke jaar.

4. Betalings kan as volg gemaak word:

Kontant of; per tjek of; elektronies met kaartfasiliteit by die skoolkantoor of; internet betaling.

Bankbesonderhede:
ENB GRT; Rek no. 624 074 890 21; Takkode: 210216; Verw.: U rekening no.