1. SKOOL- EN KLASBYWONING
1.1 Skool- en klasbywoning is verpligtend.
1.2 ‘n Afwesigheidsbrief moet deur ‘n ouer/voog ingedien word om afwesigheid te motiveer. ‘n Mediese sertifikaat word na 3 dae vereis.
1.3 Indien ‘n eksamen- of toetsvraestel nie geskryf kan word nie moet ‘n mediese sertifikaat ingedien word. Indien nie sal die leerder 0% kry vir die toets – of eksamenvraestel. Geen toets of eksamen kan geskuif word nie.
1.4 Leerlinge mag nie die skoolterrein verlaat sonder skriftelike toestemming van ‘n die skoolhoof nie.
1.5 Leerlinge wat die skoolterrein verlaat moet by die kantoor deur sy/haar ouer/voog uitgeteken word.
1.6 Leerlinge moet betyds vir skool en skoolaktiwiteite arriveer.

2. GEDRAG IN DIE KLASKAMER EN SKOOL
2.1 Onvanpaste gedrag en/of ontstigtelike gedrag is onaanvaarbaar.
2.2 Openlike diskriminasie teen enige persoon by die skool is onaanvaarbaar.
2.3 Leerlinge mag nie betrokke raak by enige vorm van viktimisasie nie.
2.4 Geen leerling mag deur ‘n ander leerling gedreig word nie.
2.5 Geen leerling mag ‘n ander leerling doelbewus beseer nie.
2.6 Leerlinge mag nie betrokke raak by enige vorm van gedrag waardeur die veiligheid, moraal, gesondheid of welsyn van ander leerder in gevaar gestel word nie.
2.7 Gedrag in die klaskamer, tydens saalbyeenkomste, of enige ander area in die skool moet sodanig wees dat die leerproses van ander leerlinge onder geen omstandighede versteur word nie.

3. ALGEMENE KLASKAMERREËLS
3.1 Aan die begin van elke klas staan leerlinge op en groet die personeel.
3.2 Indien ouers, ander personeel of besoekers by ‘n klas opdaag staan leerlinge ook op om te groet.
3.3 Reageer dadelik op ‘n opdrag.
3.4 Geen leerling praat, staan of loop rond in die klas is nie.
3.5 Leerlinge verlaat nie ‘n klas voordat ‘n personeellid hulle verdaag het of instruksie in die verband gegee het nie.
3.6 Indien ‘n leerling aandag wil hê moet hy sy hand opsteek.
3.7 Alle klasopdragte moet stiptelik en betyds voltooi word.
3.8 Elke leerling se gedrag moet sodanig wees dat dit nie steurend is nie.
3.9 Tydens aankondigings oor die interkom moet leerlinge stilbly en aandag gee.

4. REËLS IN DIE GANGE / STOEPE
4.1 Klaswisseling moet flink en ordelik geskied.
4.2 Leerling loop agtermekaar en flink en vinnig.
4.3 Geen laatkommery word geduld nie.
4.4 Daar word onmiddelik op die klokke gereageer.
4.5 Hou links by die trappe dan sal daar nie botsings wees nie.

5. REËLS IN DIE SAAL / KEWERTJIE
5.1 Ons skoolsaal is ons trots. Geen leerling mag binne die saal wees sonder toesig nie.
5.2 Leerlinge mag glad nie op die verhoog of agter die gordyne wees tensy in opdrag of onder toesig nie.
5.3 Ons stap netjies in rye saal toe, sonder om te gesels.

6. ALGEMENE SINDELIKHEIDSREËLS
6.1 Leerlinge moet te alle tye toesien dat hulle skoon en netjies is.
6.2 Die skoolterrein, geboue en kleedkamers moet skoon en netjies gehou word.
6.3 Geen leerling mag verby vullis stap nie. Dit moet opgetel en in die naaste vullishouer geplaas word.
6.4 Die kou van kougom word nie op die skoolterrein toegelaat nie, asook nie tydens enige skoolaktiwiteit nie.
6.5 Die skooluniform en sportdrag soos voorgeskryf is die enigste drag wat by die skool toegelaat word.
6.6 Skooldrag moet skoon en netjies wees.
6.7 Alle besoekers en personeel word beleefd gegroet.
6.8 Leerlinge staan/groet nie met hande in hul sakke nie.

7. SKOOLWERK EN TUISWERK
7.1 Laer Volkskool is ‘n opvoedkundige en akademiese instelling en daarom moet alle akademie voorrang geniet.
7.2 Onderrigtyd moet maksimaal deur leerlinge benut word. Selfwerksame takies, soos deur die opvoeders verskaf, moet selfstandig voltooi word.
7.3 Projekte en take asook enige ander opdrag met betrekking tot die akademie moet betyds ingehandig word. Laat inhandigings sonder dat verskoning vooraf ontvang is sal, indien punte ter sake is, gepenaliseer word.
7.4 Die volgende akademiese wangedrag is onaanvaarbaar en strafbaar: Plagiaat; kullery; afskrywery

8. DWELMS, ALKOHOL, ROOK, PORNOGRAFIE, OKKULTIESE MATERIAAL ENS.
8.1 Die besit, gebruik, verkoop en verspreiding of uitruiling van drank, sigarette, enige dwelm, pornografiese- of okkultiese material, is ontoelaatbaar.
8.2 Die skryf van onwelvoeglike briewe is verbode.

9. TAALGEBRUIK
9.1 Swetsende, onsensitiewe en disrespekvolle taalgebruik sal teenoor geen persoon toegelaat word nie.
9.2 Geen onwelvoeglike taal mag op die terrain of in die klaskamer gebruik word nie.

10. WAPENS
10.1 Die besit en/of gebruik van wapens, en voorwerpe of instrumente wat gebruik word om te beseer, word nie toegelaat nie.

11. SELFONE
11.1 Leerlinge mag nie selfone skool toe bring nie. Leerlinge wat hierdie reëling oortree se selfoon mag vir ‘n tydperk gekonfiskeer word.
11.2 Indien ‘n spesiale versoek toegestaan word mag die selfoon nie in die klaskamer, of enige formele byeenkoms gebruik word nie.

12. REëLS MET BETREKKING TOT KOMMUNIKASIE
12.1 Skriftelike briewe en kennisgewings moet betyds aan ouers gegee word. Antwoordstrokies moet betyds ingehandig word.
12.2 Die skool se telefone mag slegs in spesiale of noodgevalle gebruik word.
12.3 Leerlinge mag nie selfone skool toe bring nie.

13. ALGEMENE VEILIGHEID
13.1 Padveiligheidsreëls moet stiptelik deur ouers en leerlinge toegepas word.
13.2 Skolierpatrollie lede moet gehoorsaam word.

14. REËLS IN DIE KLEEDKAMERS
14.1 Gedurende pouses/klastyd gebruik leerlinge die kleedkamers op ongekontroleerde basis.
14.2 Leerlinge mag nie rond drentel by die kleedkamers nie, maar moet dadelik terugbeweeg na die speelterrein of klas.
14.3 Die optrede van ‘n kind binne die kleedkamers moet strook met die vereistes wat vir ons gemeenskap aanvaarbaar is en mag nooit vir die ander leerlinge ‘n verleentheid skep nie.
14.4 Higiëne en netheid is van die uiterste belang, elke leerling wat die kleedkamer gebruik, het ‘n verantwoordelikheid om dit netjies agter te laat.

15. REËLS MET BETREKKING TOT FIETSE
15.1 Fietsry op die skoolterrein is verbode.
15.2 Sodra jy binne die skoolgronde is, moet fiets gestoot word.
15.3 Fietse moet ten alle tye gesluit gelaat word in die fietsloods.