Laer Volkskool bied ‘n wye verskeidenheid van leerareas aan soos bepaal deur die Oos-Kaap Onderwysdepartement. Leerareasword onderrig op die Uitkomsgebaseerde metode van Onderwys. Laer Volkskool is ‘n leier op die gebied van die Hersiene Nasionale Kurrikulum en verskeie van die personeel help met die aanbied van indiensopleidingskursusse vir ander personeel van skole in die provinsie. Leermateriaal en verslagvorms wat gebruik word vir dié onderwysmetode is ook deur LVS ontwikkel. Ons kan met redelike sekerheid sê dat die HNK onderwys tot sy volle reg kom by LVS en dat ons nie ons standaarde enigsins verlaag het nie maar eerder verbeter het as dit moontlik is.

Graad 1 – 3

TGK – Taal, Geletterdheid en Kultuur
Wiskunde – Wiskunde Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe
Lo – Lewensoriëntering

Graad 4 – 7

TGK (Afr. en Eng.) – Taal, Geletterdheid en Kultuur
Wiskunde – Wiskunde Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe
NW – Natuurwetenskappe
MSW (Gesk en Aard) – Menslike en Sosiale Wetenskappe
EBW – Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
KK – Kuns en Kultuur
TEG – Tegnologie
LO – Lewensoriëntering

Ons Skool

Ons Skool

Akademie – Kultuur – Sport

Koshuis – Huis Eybers

Koshuis – Huis Eybers

Huis Eybers is ons inwonende leerlinge se tweede “huis” en daarom word dit so huislik…

Volkskool Familie

Volkskool Familie

Weppie Preppie – LVS – HVS – Oudskoliere