Onderwysers en ouers is opvoedingsvennote. Dit is daarom van kardinale belang dat die onderwysers by Laer Volkskool aan die volgende vereiste moet voldoen:
- Christelike beginsels eerbiedig en daarvolgens lewe.
- Afrikaans op die hoër graad aanbied.
- Liefde hê vir die tradisies en gebruike wat eie is aan die Suid Afrikaners.
- Die kulturele waardes en gebruike van die Suid Afrikaners uitleef en bevorder.
- Die kind beskou as ‘n skepsel van God wat met liefde begelei moet word tot volwassenheid.
- Die diversiteit van die Suid-Afrikaanse bevolking as ‘n werklikheid aanvaar en saamwerk om die verskeidenheid kulture en groeperinge in harmonie te laat saamleef binne die grense van ons vaderland.
- Voldoende gekwalifiseerd wees vir die betrekking.