Huis Eybers is ons inwonende leerlinge se tweede “huis” en daarom word dit so huislik moontlik ingerig. Die hoogste prioriteit van die personeel is die geluk, veiligheid en behoorlike versorging van elke kind. Die koshuispersoneel is ‘n vennoot in die opvoeding van die kind en daar word gepoog om elke kind met liefde te ondersteun en te begelei.

Elkeen van die sowat 62 inwoners van Huis Eybers word met groot toewyding versorg. Menige keer is kinders se gelukkigste herrinnering aan hulle tydperk by Volksies die tyd in die koshuis. Met maatjies om van te kies en te keur en vriendelike voog ouers is die koshuis lewe prêt! Die etes is besonders goed en koshuiskinders eet gesond en lekker.

Dissipline word met liefde en geduld uitgeoefen. Erkenning vir goeie gedrag en prestasie word met groot basuin en trots gegee. Daar is altyd ‘n sagte skouer om op troos te soek. Ons koshuis kinders is ‘n integrale deel van die skool en word geleentheid gebied om uit te blink op elke gebied.


Aansoek om toelating