Op Woensdag, 23 Maart 2022, het die prefekte bymekaar gekom om die kwartaal op ‘n prettige manier af te sluit. Ons het die aand afgeskop met ysbrekers soos “bang”, daarna was daar malvalekkers gebraai en heerlike boereworsrolle geëet. Hulle moes uitdagings voltooi, byvoorbeeld om die hoogste toring te bou uit spaghetti en malvalekkers. Die kreatiwiteit het ook gevloei met die ontwerp van die ideale LVS-leier. Elke groep moes ‘n plakkaat ontwerp met eienskappe van ‘n goeie leier. Ons sluit die aand af met ‘n beker warm sjokolade en ‘n “heart to heart”-sessie. So klim elkeen in hul slaapsakke – gelukkig binne die saal waar dit droog was.

Baie dankie aan die borg van die worsbroodjies en die Terblanche’e wat die aand saam deurgebring het.

Twee van Laer Volkskool se swemmers het vanaf 18 tot 20 Maart 2022 aan ‘n SA vlak 2 en 3 kampioenskappe in Gqeberha (Port-Elizabeth) deelgeneem.

Zenicke van Schalkwyk het uitstekend gevaar in die vlak 2 kampioenskap en 4 goud, 2 silwer en 2 brons medaljes verower.

Carlien Oosthuizen het in die vlak 3 kampioenskap deelgeneem en ook pragtige prestasies behaal. Sy verower 2 brons en 1 silwer medalje.

Baie geluk aan albei hierdie dogters. Trots op julle! 🏆

AW Lambrecht en Jamie Mdudumanihet op 12 Maart 2022 aan ‘n Level 1 Gala in Port Elizabeth deelgeneem en baie goed gevaar.  Jamie het ‘n derde plek in vlinderslag behaal.

AW het twee eerste plekke behaal in borslag en rugslag.

Baie geluk aan albei hierdie seuns. Trots op julle!

Franna Naude en Petrus Wolfaardt het die naweek van 18 – 21 Maart aan ‘n interprovinsiale toernooi gaan deelneem in Bloemfontein.

Hulle was deel van die o.13 Oos- Kaap Aloesspan en was onderskeidelik die nr 1 en 2 van die span. Die span het teen 6 ander provinsies gespeel. Beide Petrus en Franna het hul baie goed van hul taak gekwyt en goeie wenne gehad en die verlore was baie naby. Hul span het 2 wedstryde gewen, 1 gelyk gespeel en 3 verloor.

Baie geluk Franna en Petrus. Die terugvoer wat ons gekry het bewys weer dat al kom ons van ‘n klein dorpie en klein skool af hoef ons vir niemand terug te staan nie. Ons is baie trots op julle.🏆

Tydens die afgelope naweek, op 11 en 12 Maart 2022, het vyf van Laer Volkskool se atlete aan die Oos- Kaap Atletiek Kampioenskappe deelgeneem. Alhoewel niemand vir die SA Kampioenskappe gekwalifiseer het nie, is ons steeds trots op die goeie prestasies wat hulle geleer het.👏👏👏

Lee-Jon Blignaut Seuns o.11

Verspring 4de plek

Angela Vorster Dogters o.11

Verspring 6de

JP Lombard Seuns o.10

Verspring 2de plek

 

Alecia Louw Dogters o.13

200m 5de plek

Deidre Alberts Dogters o.12

100m 8ste plek

150m 5de plek

Verspring 4de plek

 

Foto

Voor:Lee-Jon Blignaut, JP Lombard, Dedrei Alberts

Agter: Angela Vorster, Alecia Louw

Wian en Eben Lötter het Saterdag, 12 Maart 2022, aan die AGA-Oos Kaap Boogskiet Kompetisie in Jeffreysbaai deelgeneem. Die kompetisie was aangebied deur Soulpoint GLA. Albei hierdie seuns het uitstekend gevaar. Die uitslae is soos volg:

 

Wian Lötter

3D afdeling – 240 (1ste plek) 🥇

Bullseye – 246 (2de plek)🥈

Eben Lötter

3D afdeling – 216 (2de plek)🥈

Bullseye – 256 (1ste plek) 🥇

 

Welgedaan, Wian en Eben. Trots op julle👏

Baie geluk aan JJ van Schalkwyk wat op 9 Maart 2022 aan die Oostelike Provinsie Tweekamp Kampioenskap in PE deelgeneem het. Hy het uitstekend gevaar en ‘n goue medalje ingepalm vir sy eerste plek in die afdeling vir seuns o.8.

Baie geluk JJ. Ons is trots op jou.

Marli Fourie het die 4de en 5de Maart 2022 aan die Tarkastad skou deelgeneem en uitstekend gevaar. Sy het die volgene prestasies behaal:

1ste plekke in 3-gang plesierperd o.14 asook die Ruiterkuns klas

1ste in die 5-gang Kinderryperd o.14 en 5g Ruiterkuns o.14

1ste in die 3-gang Ruiterkuns 12 jaar en onder

 

Baie geluk, Marli. Jy maak ons trots🏆🥇