Twee van Laer Volkskool se swemmers het vanaf 18 tot 20 Maart 2022 aan ‘n SA vlak 2 en 3 kampioenskappe in Gqeberha (Port-Elizabeth) deelgeneem.

Zenicke van Schalkwyk het uitstekend gevaar in die vlak 2 kampioenskap en 4 goud, 2 silwer en 2 brons medaljes verower.

Carlien Oosthuizen het in die vlak 3 kampioenskap deelgeneem en ook pragtige prestasies behaal. Sy verower 2 brons en 1 silwer medalje.

Baie geluk aan albei hierdie dogters. Trots op julle! šŸ†