Volkskool leerder SA Kampioen in 200m rugslag

Zenicke van Schalkwyk het hierdie week verneem sy is Suid-Afrika se topswemmer in haar ouderdomsgroep vir die 200m rugslag (dogters o.10 en onder). Met die onlangse bekendmaking van Suid-Afrika se swemranglys vir die 2021-2022 swemseisoen het Zenicke in 6 afdelings die top 10 van Suid-Afrika vir dogters onder 10 en onder behaal. Baie geluk, Zenicke! Dis ‘n merkwaardige prestasie. Ons is baie trots op jou!🏆

Prestasies volgens die Suid-Afrikaanse Ranglys 2021 – 2022:

1ste in die 200m rugslag (SA Kampioen)

2de in die 100m rugslag

3de in die 200m vryslag

4de in die 50m rugslag

8ste in die 100m vryslag

8ste in die 200m wisselslag

11de in die 50m vryslag

 

SWEM

Volgens die Suid-Afrikaanse ranglys vir 2021 en 2022 het Carlien Oosthuizen die volgende prestasies behaal vir dogters o.12.

30ste in die 200m rugslag

37ste in die 100m rugslag

47ste in die 400m vryslag

48ste in die 50m rugslag

51ste in die 200m vryslag

94ste in die 200m wisselslag

97ste in die 50m vryslag

98ste in die 100m vryslag

192ste in die 50m borsslag

 

Baie geluk, Carlien. Trots op jou!👏

Leerlinge van Laer Volkskool het Woensdagmiddag, 22 Junie 2022, aan ‘n ope Blitz skaaktoernooi deelgeneem. Leerlinge van Laer- en Hoër Volkskool asook Union skole het hieraan deelgeneem. Die toernooi is gehou by Farmland. Drie van Laer Volkskool se seuns, Jeandré Theron, Michyle Mostert en Johan Viljoen wen elk ‘n kontantprys vir derde plek.

Baie geluk aan al die leerlinge wat so pragtig gespeel het en aan die organiseerders mev H Rose-Innes en Farmland.

Vandag het die skool soos ‘n ouetehuis gelyk met leerders wat soos senior burgers kon aantrek. Leerders kon ook ‘n donasie saambring skool toe om vir ons senior burgers in Huis van de Graaff te gee.

Huis van de Graaff is hierdie jaar genomineer om Laer Volkskool se donasies wat op Senior Burgerdag ingesamel is, te ontvang. Ons bedank elke leerder wat vandag soos ‘n senior burger aangetrek en ‘n donasie gestuur het. Mevrou Petro van Schoor het die donasies in ontvangs geneem namens die bestuur van Huis van de Graaff.

Al die o.9-spanne (netbal, rugby en hokkie) het Saterdag, 11 Junie 2022, aan die JJ Toernooi in Cradock deelgeneem.

 

Die uitslae is as volg.

 

RUGBY

Verloor 5-42 teen Hangklip

Verloor 0-14 teen Burgersdorp

 

NETBAL

Wen 11-3 teen Burgersdorp

Verloor 4-6 teen Hangklip

 

HOKKIE

Verloor 1-4 teen Cradock

Wen 4-0 teen Union

 

Baie geluk aan elke speler wat aan die toernooi deelgeneem het. Ons is trots op julle💪👏

Ulrich Steynberg het die naweek, 11 Junie 2022, aan die MAG Festival in Jeffreysbaai deelgeneem waar hy ‘n goue medalje verwerf het. Baie geluk, Ulrich. Trots op jou!👏

Baie geluk aan Terina Retief. Sy het die naweek aan die Eastern Cape Gimnastics Festival in Gqeberha (Port-Elizabeth) deelgeneem en n silwer medalje vir level 2 verower. Mooi so. Ons is trots op jou! 👌

Baie geluk aan Elrie Pretorius in graad 3 en Ulrich Steynberg in graad 1 wat hul Distrikskleure vir Artistic Gymnastics ontvang het. Hulle is ook gekies om die distrik by die Artistic Gymnastics Eastern Cape Festival vanaf 11 tot 12 Julie 2022 te verteenwoordig. Dit is ‘n pragtige prestasie. Ons is trots op julle.

Die skaakspelers van Laer Volkskool het Dinsdag, 24 Mei 2022, teen Union gespeel. Laer Volkskool wen 8, verloor 3 en speel 1 gelykop. Baie dankie aan Union vir ñ vriendelike ontvangs en ń opwindende wedstryd. Baie geluk aan elke skaakspeler.

Trots op julle!

Baie geluk aan hierdie o. 13-rugbyseuns wat in die volgende OP-spanne opgeneem is:

  1. 13 A-span

Pieter Nel

Francois Naude

Petrus Wolfaardt

 

  1. 13 B-span

Louis de Wet

 

Julle maak ons trots. 👌

 

Foto: Pieter Nel, Francois Naude, mnr Ruben van Zyl(afrigter) , Petrus Wolfaardt, Louis de Wet

Baie geluk aan Elrie Pretorius. Sy het ook die naweek van 21 Mei 2022 aan die Oos-Kaap Gimnastiek kompetisie deelgeneem en ‘n brons medalje verower het.

Jy maak ons trots!