Volkskool leerder SA Kampioen in 200m rugslag

Zenicke van Schalkwyk het hierdie week verneem sy is Suid-Afrika se topswemmer in haar ouderdomsgroep vir die 200m rugslag (dogters o.10 en onder). Met die onlangse bekendmaking van Suid-Afrika se swemranglys vir die 2021-2022 swemseisoen het Zenicke in 6 afdelings die top 10 van Suid-Afrika vir dogters onder 10 en onder behaal. Baie geluk, Zenicke! Dis ‘n merkwaardige prestasie. Ons is baie trots op jou!🏆

Prestasies volgens die Suid-Afrikaanse Ranglys 2021 – 2022:

1ste in die 200m rugslag (SA Kampioen)

2de in die 100m rugslag

3de in die 200m vryslag

4de in die 50m rugslag

8ste in die 100m vryslag

8ste in die 200m wisselslag

11de in die 50m vryslag

 

SWEM

Volgens die Suid-Afrikaanse ranglys vir 2021 en 2022 het Carlien Oosthuizen die volgende prestasies behaal vir dogters o.12.

30ste in die 200m rugslag

37ste in die 100m rugslag

47ste in die 400m vryslag

48ste in die 50m rugslag

51ste in die 200m vryslag

94ste in die 200m wisselslag

97ste in die 50m vryslag

98ste in die 100m vryslag

192ste in die 50m borsslag

 

Baie geluk, Carlien. Trots op jou!👏

Verwante berigte