Op Woensdag en Donderdag, 10 en 11 November 2021, kon Laer Volkskool uiteiendelik weer ‘n swemgala hou vir die leerlinge. Die leerlinge het dit baie geniet om weer teen mekaar te swem.
Baie dankie aan elke deelnemer en ook beampte wat die gala ‘n sukses gemaak het.
Deidre Alberts (o11) het tydens die tweede OPA se byeenkoms op 6 November 2021 weereens baie puik presteer. Sy het 1ste geeïndig in verspring en 2de plekke behaal in 80m en 100m. Sy is ook ingesluit in die OPA span wat op 27 November 2021 op Germiston aan ‘n Inter- Provinsiale kompetisie sal deelneem.
Op Vrydag, 3 November 2021, het Laer Volkskool hulle jaarlikse prysuitdeling gehad. Baie geluk aan al die leerlinge wat ‘n diploma en trofee ontvang het.
Hier is al die leerlinge wat Erekleure en/of Trofeë ontvang het:
Die leerders het hierdie jaar weer aan die Eisteddfod deelgeneem en kan ons met trots die uitslae deel. Baie geluk met die uitsonderlike prestasies. Ons is trots op julle.
Die leerders van Laer Volkskool se groot liefde vir diere is duidelik sigbaar nadat die insamelingsprojek alle verwagtinge oorskry het. Leerders uit die graad 6 klas het die DBV op Woensdag, 3 November 2021, besoek met die doel om die ingesamelde produkte te oorhandig en terselfdertyd ook die diere in die vereniging te besoek. Dit was beslis nie net die diere se ogies wat van opgewondenheid geskitter het nie, maar ook die leerders s’n.