Baie geluk aan Wian en Eben Lotter wat Saterdag, 26 Februarie 2022, aan die AGA-Oos Kaap Boogskiet Kompetisie deelgeneem het. Die kompetisie was aangebied deur Hoer Volkskool se Boogskietklub. Wian behaal goud en Eben silwer in die afdeling vir laerskoolseuns.

Die uitslae is soos volg:

 

Bullseye

Wian behaal 253/300 (Goud)

Eben behaal 213/300 (Silwer)

 

3D-afdeling

Wian behaal 202/300 (Goud)

Eben behaal 169/300 (Silwer)

 

Baie geluk aan albei van julle. Ons is trots op julle💪🥇🥈

Die o.13A-Rugbyspan het gisteraand, 25 Februarie 2022, hulle eerste vriendskaplike wedstryd teen Union gespeel tydens die Drieëdruk-aand wat deur Hoër Volkskool aangebied is. Hulle wen die wedstryd 10 – 0. Dis ook die eerste geleentheid gewees waar die seuns in hulle nuwe Eeufeesklere kon speel. Baie dankie aan al die borge, Nissan Eastern Cape, Engen Riverside en Eddie Electrical.

Baie geluk aan die elkeen van hierdie seuns. Ons is trots op julle!

📷 Jan-Hendrik Swiegers

 

RUGBY

Die pienkvoete het ook gisteraand tydens die Drieëdruk-aand n kans gekry om hulle eerste vriendskaplike wedstryd vir Laer Volkskool te speel. Hulle het ook teen Union gespeel en gewen. Hier draf hulle op net voor die wedstryd begin.

Baie geluk aan al die pienkvoete. Julle maak ons baie trots💪🏉🥇

Laer Volkskool se eerstespan seuns en dogters het Vrydag, 25 Februarie 2022, vir die eerste keer in hulle nuwe Eeufeesklere gespeel tydens n wedstryd teen Laerskool Jeffreysbaai.

Baie dankie aan Karoo 4×4 fitness center asook Retief Geelbek Merino’s vir die borg van die klere.

Die uitslae is soos volg:

Seuns wen enkels 4-0

Seuns wen dubbels 2-0

Wen dus 6-0

Dogters wen enkels 5-1

Dogters wen dubbels 2-1

Wen dus 7-2

Baie geluk aan elke speler. Trots op julle👏

Foto

MEISIES

Agter: Alecia Louw, Carlien Oosthuizen, Dante Dercksen

Voor: Ancois Viljoen, Mynette Viljoen, Chenoa Jeffrey

SEUNS

Agter: Petrus Wolfaardt, Louis de Wet

Voor: Francois Naude, Pieter Nel

Laer Volkskool wil eerstens baie dankie sê aan almal wat iewers betrokke was by die gala, hetsy as swemmer, spanbestuurder, beampte of ondersteuner. Sonder hierdie vier elemente kan geen gala ‘n sukses wees nie.

Hiermee die uitslae van die Karoogala op 22 Februarie 2022.

Die skole wat aan die Laerskole-kompetisie deelgeneem het, was Laer Volkskool, Union Prep/High, Cradock Laerskool, Gill Primary en Homeschool.

Die totale punte was:

1 Laer Volkskool 350

2 Union Prep/High 343

3 Gill Primary 191

4 Cradock Laerskool 147

5 Homeschool 66

Daar is ‘n ses (6) rekords verbeter onder die seuns en twee (2) onder die dogters .

Zenicke van Schalkwyk het die o.11 – 50m Rugslag rekord met 4 sekondes verbeter.

Die Victor Ludorum is Jakobus Reynolds (H/S) met ‘n totaal van 36 punte

Victrix Ludorum is Carlien Oosthuizen (LVS) met ‘n totaal van 30 punte.

Baie geluk aan al die swemmers en rekordhouers!

Fotos:  Mia van Eeden en Mariette Burger

47 opgewonde Karoo Volksies het op Vrydag, 18 Februarie 2022, vertrek na Leaders in Life School & Sports Camps te Addo vir ons jaarlikse Landsdienskamp. Met die aankomslag moes daar tente opgeslaan word sodat elkeen darem ‘n slaapplek het. Die leerders was opgedeel in vier groepe en moes die kos vir die aand voorsien. Elke groep het heerlike potjies gemaak!

Saterdag was die hindernisbaan aangepak. Hulle het geleer om op mekaar staat te maak sodat hulle oor en deur die hindernisse kan kom. Daarna was daar geroei en watersport gedoen. Die landsdieners het ook aan ‘n Amazing Race deelgeneem. Ons sluit die dag af met ‘n vinnige sokkie.

Sondagoggend moes tasse weer gepak en tente afgeslaan word. Almal klim terug in die bus en ons arriveer veilig weer in Graaff-Reinet.

Baie dankie aan tannie Liezel Luiters vir haar reëlings, juffrou Potgieter, die Terblanche’e en Ischke wat saamgegaan het en ‘n spesiale dankie aan oom Cornie Jansen wat ons veilig soontoe en terug gebring het.

Drie van Laer Volkskool se leerlinge het op 5 Februarie 2022 aan die Interprovinsiale Tweekamp Byeenkoms in Oudtshoorn deelgeneem. Hulle het die Oostelike Provinsie verteenwoordig teen ander provinsies en uitstekend gevaar.

JJ van Schalkwyk was die algehele wenner in die o.8 afdeling en bring ‘n goue medalje huis toe.

Carlien Oosthuizen was 13de in haar ouderdomsgroep (o.15) en Ancois Viljoen behaal ‘n 28ste plek by dogters o.13.

Ons is voorwaar trots op hierdie atlete!

16 Februarie 2022 was weereens ‘n belangrike dag in Laer Volkskool se eeufees jaar en die hoogtepunt van die dag was natuurlik die Interskole Swemgala. Laer Volkskool se span het uit 52 swemmers bestaan. Gees was groot en elke swemmer het sy of haar kant gebring in die water.

Ons o.14A-dogters kruip aflos span het ook op die geleentheid die rekord vir die item verbeter wat aan Union behoort het van 1:07,25 na 1:05,61.

Laer Volkskool het nie net die laerskool afdeling met 78 punte gewen nie, maar ook die Victor en Victrix Ludorum het aan Volkskool behoort. Die uitslae was as volg:

Volkskool 457 Union 379

Victor Ludorum word gedeel tussen Francois Naude en AW Lambrecht met 30 punte elk.

Victrix Ludorum, Carlien Oosthuizen met 30 punte

Ons wil ook net van die geleentheid gebruik maak om vir mevv Rene Oosthuizen, Janine Viljoen en Andrea Pieterse baie dankie se vir hulle hulp en dat hulle altyd bereid is om te help. Niks is ooit te veel nie. Dankie ook aan juf Janine van Schalkwyk vir die opmaak van die paweljoen.

Baie dankie aan elke swemmer. Sonder julle sou ons nie die punte behaal het nie. Baie geluk ook aan al ons bekerwenners.

Die prefekte van 2022 het hierdie jaar besluit om LVS se leerders se skattingsvermoë te toets.

Gedurende die week voor Valentynsdag, moes leerders raai hoeveel hartjie-lekkers daar in ‘n glashouer is.

Daar was 50 en selfs 5 000 geraai, maar op Valentynsdag is die wenner aangekondig en dit is…. Zaskia Erasmus!

Baie geluk Zaskia!

 

Om Valentynsdag te vier kon die leerlinge van Laer Volkskool met pienk of rooi sokkies of linte in hul hare skool toe kom.