16 Februarie 2022 was weereens ‘n belangrike dag in Laer Volkskool se eeufees jaar en die hoogtepunt van die dag was natuurlik die Interskole Swemgala. Laer Volkskool se span het uit 52 swemmers bestaan. Gees was groot en elke swemmer het sy of haar kant gebring in die water.

Ons o.14A-dogters kruip aflos span het ook op die geleentheid die rekord vir die item verbeter wat aan Union behoort het van 1:07,25 na 1:05,61.

Laer Volkskool het nie net die laerskool afdeling met 78 punte gewen nie, maar ook die Victor en Victrix Ludorum het aan Volkskool behoort. Die uitslae was as volg:

Volkskool 457 Union 379

Victor Ludorum word gedeel tussen Francois Naude en AW Lambrecht met 30 punte elk.

Victrix Ludorum, Carlien Oosthuizen met 30 punte

Ons wil ook net van die geleentheid gebruik maak om vir mevv Rene Oosthuizen, Janine Viljoen en Andrea Pieterse baie dankie se vir hulle hulp en dat hulle altyd bereid is om te help. Niks is ooit te veel nie. Dankie ook aan juf Janine van Schalkwyk vir die opmaak van die paweljoen.

Baie dankie aan elke swemmer. Sonder julle sou ons nie die punte behaal het nie. Baie geluk ook aan al ons bekerwenners.

Verwante berigte