47 opgewonde Karoo Volksies het op Vrydag, 18 Februarie 2022, vertrek na Leaders in Life School & Sports Camps te Addo vir ons jaarlikse Landsdienskamp. Met die aankomslag moes daar tente opgeslaan word sodat elkeen darem ‘n slaapplek het. Die leerders was opgedeel in vier groepe en moes die kos vir die aand voorsien. Elke groep het heerlike potjies gemaak!

Saterdag was die hindernisbaan aangepak. Hulle het geleer om op mekaar staat te maak sodat hulle oor en deur die hindernisse kan kom. Daarna was daar geroei en watersport gedoen. Die landsdieners het ook aan ‘n Amazing Race deelgeneem. Ons sluit die dag af met ‘n vinnige sokkie.

Sondagoggend moes tasse weer gepak en tente afgeslaan word. Almal klim terug in die bus en ons arriveer veilig weer in Graaff-Reinet.

Baie dankie aan tannie Liezel Luiters vir haar reëlings, juffrou Potgieter, die Terblanche’e en Ischke wat saamgegaan het en ‘n spesiale dankie aan oom Cornie Jansen wat ons veilig soontoe en terug gebring het.

Verwante berigte