Dis 𝗩𝗘𝗧 𝗣𝗥𝗘𝗧 by Huis Eybers op hierdie vakansiedag!

Koshuisleerders geniet ‘n dag vol lekker 𝗯𝗼𝗲𝗿𝗲𝘀𝗽𝗼𝗿𝘁. Van toutrek tot driebeenhardloop en alles tussen-in.

🌼 Dankie Tannie Verna en personeel vir ‘n lekker dag!

Ons het hierdie naweek ‘n heerlike nat en koue sportdag teen Westering in Gqeberha gehad. Die uitslae vir die rugby en hokkie is soos volg:

Rugby

  1. 7A wen 35 – 0
  2. 8 & o. 9 B (mini rugby) wen 15 – 10
  3. 9A verloor 10 -15
  4. 11 A verloor 5 – 17
  5. 11B gelykop 15 – 15
  6. 13 A wen 50-3

Hokkie

7A wen 6 – 0

7B wen 3 – 0

o.8B wen 3-0

o.8A wen 6-0

o.9A wen 6-1

10 verloor 1 – 4

13B gelykop 0 – 0

o.13A wen 4 – 1

SKAAK♟️

Die volgende skaak spelers het Saterdag, 23 April 2022, teen Westering gespeel en 18 – 6 gewen. Baie geluk aan elke speler.👏👏

Jevan Arends wen 2

Steven Alberts wen 2

Keisha Holster wen 3

Michyle Mostert wen 2

PJ v Veijeren wen 3

Jeandré Theron wen 2

Gert Theron wen 2

Raeglin Maarman wen 1 en 1 gelyk

Hugo Lambrechts wen 1

Vier van ons leerlinge het Saterdag, 23 April 2022, aan die AGA-Oos Kaap Boogskiet Kompetisie deelgeneem. Dit was deur Hoër Volkskool se Boogskietklub by Botanies aangebied. As gevolg van die reën is daar geen 3D, maar 2 rondtes Bullseye geskiet.

Baie geluk Erhart, Helen, Wian en Eben. Ons is trots op julle! 👌

Uitslae is as volg:

Rondte 1

Helen Grobbelaar (Primary Female)

Goud

167/300

 

Wian Lötter (Primary Male)

Goud

260/300

 

Eben Lötter (Primary Male)

Silwer

226/300

 

Erhardt Grobbelaar (Primary Male)

Goud

192/300

 

Rondte 2

Helen Grobbelaar

Goud

166/300

 

Eben Lötter

Goud

261/300

 

Wian Lötter

Silwer

247/300

 

Erhardt Grobbelaar

Goud

163/300

Die volgende leerlinge was in die Sarah Baartman atletiekspan opgeneem en het aan die Oos-Kaap Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hulle het hulle Half-Erekleure vir atletiek Maandag tydens saalbyeenkoms ontvang.

Deidre Alberts

JP Lombard

Lee-Jon Blignaut

Alecia Louw

Angela Vorster

Baie geluk aan Carlien Oosthuizen. Sy het in April die OP o.15 A-span by die SA’s verteenwoordig en haar Erekleure is Maandag tydens saalbyeenkoms aan haar oorhandig.

Baie geluk aan Ancois Viljoen en JJ van Schalkwyk. Hulle het hul Half-Erekleure tydens Maandag se saalbyeenkoms ontvang. Albei hierdie leerlinge het op 5 Februarie 2022 die Oostelike Provinsie in Oudtshoorn verteenwoordig. Ancois Viljoen was ingesluit by die o.13 B-span en JJ van Schalkwyk by die o.8 A-span.

Baie geluk aan Petrus Wolfaardt en Francois Naude wat hulle Erekleure Maandag tydens saalbyeenkoms ontvang het. Hulle was vir die Oos-Kaap o.13-Aloespan gekies en het aan die Interprovinsiale Kompetisie in Bloemfontein deelgeneem.

Op 11 April 2022 het Gavin en Chris vanaf die Herder Akademie ons Karoo Volksies kom besoek. Hierdie Akademie werk met buffels en skape. Hulle het ‘n voorlesing gedoen oor beweiding. Die leerders het geleer van die verskillende fases van gras en watter gras die beste voedingswaarde het vir vee. Ons sien uit om later die jaar die voël rehabilitasiesentrum te besoek.

Ons wil graag vir oom Johann Sparrius dankie sê vir die reëlings asook Gavin en Chris vir hulle tyd.