Marli Fourie het verlede naweek, 22 en 23 Oktober 2021, aan die Cradock skou deelgeneem.

Haar uitslae is as volg:

1ste in die 5-gang plesierperd 0/14

2de in die 3-gang plesierperd 0/14

3de in die 3-gang plesierperd ruiterkuns 0/18

Groot kampioen 5-gang plesierperd

Baie goed gedoen, Marli. Trots op jou.

Laer Volkskool verwelkom mnr. Pierre Maree wat aan die begin van die vierde kwartaal by ons aangesluit het.

Hy kom oorspronklik van Randfontein, Gauteng, af. Dit was van kleintyd ‘n droom van hom om eendag ‘n onderwyser te word. Hy het’ n groot passie vir sport veral rugby en krieket. Hy het ook die voorreg gehad om Provinsiale klere vir rugby en krieket te verwerf.

Baie welkom mnr. Pierré Maree. Ons hoop dat jy gelukkig gaan wees hier by ons.

Leerlinge van Hoër Volkskool wat van graad 1 tot graad 12 saam in Volkskool was.

‘n Trotse oomblik… Laer Volkskool het Donderdag, 14 Oktober 2021, die matrieks van Hoër Volkskool sterkte toegewens met die eksamen asook met hul toekomspad.

Ons Graad 1’s moes letterlik opkyk na die matrieks!

Dis ‘n einde van ‘n era, maar weer die begin van ‘n nuwe avontuur.

Paul de Beer, die kortste seun in gr 1 en Jan Hendrik Gouws die langste seun in gr 12.

Marli Fourie het Vrydag en Saterdag, 8 en 9 Oktober 2021, aan n skou op Somerset-Oos deelgeneem. Daar het sy aan 2 afdelings, 3 gang en 5 gang, deelgeneem.

Sy behaal 4 eerste plekke tussen ruiters baie ouer as sy.

Eerste in die 3 gang plesierperd ruiters 14 jaar en jonger.

Eerste in die 3 gang plesierperd ruiterkuns vir ruiters 18 jaar en onder.

Eerste in die 5 gang plesierperd ruiters 14 jaar en jonger.

Eerste 5 gang plesierperd ruiterkuns vir ruiters 18 jaar en jonger.

 

Die beoordelaars gee ook n spesiale toekenning aan Marli vir die mees belowende jong ruiter. Ons is baie trots op jou, Marli!

Carlien Oosthuizen en Zenicke van Schalkwyk het tydens die afgelope vakansie aan die Freda Barnard Gala in Oudtshoorn deelgeneem. Beide dogters het hul swem tye baie mooi verbeter.

Zenicke het twee goue medaljes en een brons medalje verower. Ons is trots op ons swemmers!

Op 24 September 2021 het Wian Lotter aan die Nasionale Interprovinsiale Boogskiet kompetisie deelgeneem. Hy behaal ‘n algehele 220 ste plek vir Laer- en Hoërskole. In die Laerskool afdeling het hy 57 ste gekom. Hy is tans nommer 3 in die Oos-Kaap. Sy telling in die Interprovinsiale kompetisie is 256/300.

Baie geluk, Wian! Ons is baie trots op jou.